PROJEK Kwartierstaat-inisiatief

ancestral projectProjekleier Otto Diedericks
Die projek is 'n inisiatief van die Noord -Transvaaltak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika.
Beskrywing
Hierdie projek het ten doel om soveel as moontlik data van Suid-Afrikaanse gesinne te dokumenteer, te deel en te bewaar. Op hierdie manier sal die huidige Suid-Afrikaanse Familie-registers (SAF-registers) ook opgedateer word. Besoek die Kwartierstaat-uitdaging op Noord-Transvaal se webblaaie vir meer inligting oor die projek, en vind meer inligting, asook voorbeelde en blanko vorms wat jy kan aflaai en gebruik.
Aflewerbares
Gesinsbladsye en/of Voorgeslag-kaart(e) (voltooi op die blanko vorms wat voorsien word) en/of Kwartierstaat (bv in GEDCOM formaat)
Uitnodiging
Lede van die GGSA en die publiek word aangemoedig om hul gesinsbladsye / voorgeslag-inligting in enige van die formate hierbo genoem te voltooi en in te dien vir veilige bewaring.
Kontak
Vir meer inligting, kontak gerus die projekleier, Otto Diedericks, via e-pos
Aksies
  • Kyk na die Kwartierstaat-uitdaging bladsye vir meer inligting.
  • Stuur jou gesinsbladsye / voorgeslag-inligting in vir veilige bewaring (tot en met 10Mb, via e-pos).
  • Stuur inligting (via e-pos) om spesiale reëlings te tref (indien groter as 10Mb).
  • Aflaai van 'n blanko Gesinsblad vir persoonlike gebruik.
  • Aflaai van 'n blanko Kwartierstaatvorm vir persoonlike gebruik.
  • Aflaai van ‘n paar voorbeelde van ‘n paar voorbeelde.