PROJEK Familie-Bybels

bible projectProjekleier Annelie Els
Die projek is ‘n initiatief van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika.
Beskrywing
Die doel is om beelde van Familiebybels te versamel, insluitend die familie-registerbladsye uit die Bybels.
'n Familiebybel is 'n kosbare erfstuk - tradisioneel oorgedra van geslag tot geslag. Die meeste gesinne het hul belangrikste lewensgebeurtenisse, soos geboortes, huwelike en sterftes, op die eerste paar bladsye van die Bybel aangeteken as 'n permanente en veilige rekord rekord, in die een boek wat vir hulle kosbaarder as enige ander boek ter wêreld was. Oor tyd het hierdie Bybels die versamelplek geword van belangrike inligting en herinneringe, maar ook 'n waardevolle genealogiese bron, wat gewoonlik deur die gesin self geskryf is.
Aflewerbare
Foto’s (digitale beelde) van beide die buitekant en die binnekant van die Bybel en of familieregister.
Uitnodiging
Jy is welkom om Bybel-foto's by te dra. Hierdie fasiliteit is gratis en oop vir die publiek.
Kontak
Vir meer inligting kontak die projekleier, Annilie Els, via e-pos.
Aksies
  • Besigtig die Familie-Bybelversameling.
  • Stuur jou Bybel-foto’s om ingesluit te word in die albums (tot en met 10Mb, via e-pos).
  • Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.jou inligting (via e-pos) om spesiale reëlings te tref (indien groter as 10Mb).