PROJEK Kerk-foto’s

church photo projectProjekleier: Neels Coertse
Die projek is ‘n gesamentlik projek van die GGSA in medewerking met die SAGenealogie Besprekingsgroep (SAGen).
Beskrywing
Kerke is dikwels die mees herkenbare gebou in 'n dorp of stad, dikwels die spilpunt waarom die dorp ontwikkel het, en baie van die genealogiese gebeurtenisse soos doop, huwelike en sterftes hou nou verband met kerke.
Die versameling kerkfoto's, wat voorheen op FOTKI aangebied is, is oorgedra na die nuwe GGSA-webwerf en sal opgebou word as 'n gesamentlike versameling van albei organisasies.
Met hierdie projek streef ons nie net daarna om 'n deel van ons kulturele erfenis te bewaar nie, maar ook 'n deel van ons argitektoniese erfenis en die ontwikkeling daarvan oor tyd. Hoe meer inligting ons kan versamel met betrekking tot elke kerk of plek van aanbidding, hoe meer waardevol kan hierdie webblad word.
Aflewerbares
Die foto's is almal volgens die stad / dorp / gemeente en demoninasies alfabeties binne provinsies geïndekseer en gerangskik.
Uitnodiging
Jy is welkom om 'n foto (s) te stuur, vir oorweging. As jy 'n foto of inligting oor 'n kerk of plek van aanbidding indien, van 'n ander bron soos 'n boek of webwerf, verskaf asseblief die naam van die bron.
Kontak
Vir meer inligting, kontak asb. die projekleier, Neels Coertse, via Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Aksies
  • Besigtig die Kerk-fotoversameling.
  • Stuur jou Kerk-foto’s om ingesluit te word in die albums (tot en met 10Mb, via e-pos).
  • Stuur inligting (via e-pos) om spesiale reëlings te tref (indien groter as 10Mb).