PROJEK Begraafplaas-rekords – Grafsteen-transkripsie-indeks

Die Grafsteen-transkripsie-indeks het betrekking op individuele grafstene, eerder as op die begraafplaas ('n versameling grafstene). Die Grafsteen-transkripsie-indeks is in wese 'n lys met die transkripsies van grafsteen-inligting per grafsteen en is dus belyn, met die  Grafsteenfoto's – soortgelyke inligting in twee formate.
Hou in gedagte dat die Grafsteen-transkripsie-indeks en die Grafsteen-foto's nie noodwendig ooreenstem nie. Jy mag 'n spesifieke naam in die Grafsteen-transkripsie-indeks vind, maar nie op die Grafsteen-foto's nie, en andersom. Dit sal dus die moeite werd wees om op beide die Grafsteen-transkripsie-indeks en Grafsteen-foto's na 'n spesifieke naam te soek.
Die Begraafplaas-rekordsprojek skryf die inligting uit verskillende bronne oor en neem hierdie rekords deurlopend in interne databasisse op. Dit voorsien die inligting om twee indekse te produseer: 'n Begraafplaas-indeks en 'n Grafsteen-transkripsie-indeks. Die Begraafplaas-indeks word gebruik om die rekordering-proses te bestuur en data tussen die Grafsteen-transkripsie-indeks en die Grafsteen-foto's te korreleer. Terwyl die Begraafplaas-indeks hoofsaaklik op die plek (begraafplaas-naam) gerig is, is die Grafsteen-transkripsie-indeks op ‘n persoon (gestorwene se naam) gerig.
Die Grafsteen-transkripsie-indeks word in twee formate onttrek vir publikasie:
  1. Die Grafsteen-transkripsie-indeks, wat deurlopend (maandeliks) gedurende die jaar opgedateer word, is beskikbaar as individuele rekords deur die WebWinkel - dit bied 'n soekenjin om spesifieke rekords te kies, dit te koop met ‘n bewys (token) en die inligting af te laai.
  2. Daarbenewens word 'n jaarlikse momentopname van die Grafsteen-transkripsie-indeks as 'n Uitgawe gepubliseer. Die nuutste, Grafsteen-transkripsie-indeks, Uitgawe 21, wat in Maart 2023 gepubliseer is, bevat 953,225 name van 3,196 begraafplase. Hierdie Uitgawe van die Grafsteen-transkripsie-indeks is beskikbaar as 'n digitale aflaai via die AanlynWinkel en bevat die volledige indeks (al die rekords), soos op die datum van die Uitgawe.
Aksies
  • Skakel na die WebWinkel vir die aankoop van individuele rekords.
  • Skakel na die AanlynWinkel van die aankoop van die nuuts uitgwe van die Grafsteen-transkripsie-indeks.