Fokus 1: Sterfteverwante inligting

Die doel van hierdie fokusarea is om die relevante genealogiese data in die administratiewe rekords van begraafplase en begrafnisse te bewaar - en die inligting toeganklik te maak vir genealogiese navorsers.
Op 'n meer detail vlak word die inligting hierbo uitgebrei met inligting om begraafplase op te spoor asook met foto's van grafstene en mure van herinnering. Begrafnisbriewe word versamel en 'n "In Herinnering"- fasiliteit bied funksies om erkenning te gee aan diegene wat nie grafte het nie (byvoorbeeld mense wat veras is).
Oor die algemeen gaan die verskillende projekte voort met hul aktiwiteite en lewer hulle resultate vir insluiting en veilige berging in die betrokke databasis vanwaar dit besigtig en/of gekoop kan word by die AanlynWinkel of die WebWinkel
 
Project diagrams 1
Die drie projekte PROJEK Begraafplaas-liggings, PROJEK Begraafplaas-rekords and PROJEK Grafsteen-foto's is gesamentlik bekend as die Begraafplaas-rekorderinginisiatief.
Klik op die gids, aan die regterkant, vir meer inligting oor enige van die spesifieke projekte hieronder:
PROJEK Begraafplaas-liggings.
PROJEK Begraafplaas-rekords.
PROJEK Grafsteen-foto’s.
PROJEK Begrafnisbriewe.
PROJEK In herinnering.