Ontmoet die Familie van Heerden

                                                                                                                         Potchefstroom Herald 1 April 2016
In I701 het ‘n jong man, ongeveer twintig jaar oud, in op die skip Popkensburg in die Kaap aangekom. Hy het sy vyf jaar by die Oos-Indiese Kompanjie uitgedien vryburger geword, getrou met Magtilt van der Merwe en en as een van die eerste boere in ‘t Lant van Waveren hom gevestig op die plaas Weltevreden waar hy gebly het tot sy dood in 1763. Hierdie man was Pieter Willemsz van Heerden, afkomstig uit die dorp Heerde in Gelderland, Nederland. Hy is die stamvader van die Van Heerden familie wat nou wyd en syd oor die land versprei is. Dit was nie moontlik om hom in Nederland op te spoor nie, omdat die doopregisters in die 17de eeu net die naam van die kind en die voornaam van sy vader noem. Pieter Willemsz het gou Pieter Willem geword; so word hy in alle dokumente beskryf. Hy het vyf seuns gehad almal jonk oorlede, behalwe Jacob, met ‘n nooi Jordaan getroud, wat een dogter gehad het en in 1747 op 29-jarige leeftyd dood is, en die oudste seun, Willem. wat nege seuns gehad het waarvan alle Van Heerdens in die land afstam.
Die oudste seun was b1 Willem gebore in 1709 en oorlede in 1767 en hy trou in 1730 met Martha van der Merwe geb 1713 en oorlede 1784. Hulle het op die plaas Rietfontein, tans die dorp Ceres geboer.
Vir die egpaar is 8 seuns en 2 dogters gebore (waarvan ses met Van der Merwe's getrou het!)
Die kinders was:
c1 Pieter Willem *1731 +1785 x 1751 Anna Sophia Van der Merwe * c. 1733 + 1774 xx 1781 Rachel Johanna Pretorius.
c2 Schalk Willem *1732 + 1793 x 1752 Louisa Van der Merwe *1737 + c. 1790.
c3 Magteld +1734 x S.W. van der Merwe xx S.W. du Toit.
c4 Hendrik *1736 + x 1757 Aletta Van der Merwe *1761 xx 4.4.1762 Anna Sophia van der Merwe +1770 xxx 6.1.1771 Anna Lategan.
c5 Izak *1737, boer + 1776 x 1760 Magdalena Theron *1743 +1774 xx 1775 Geertruyda Woutrina De Vos *1752.
c6 Anna Sophia *1739 x P. Van der Merwe.
c7 Jacobus (Willem Schalk) *1740, boer +1769 x 1765 Johanna Theron *1747
c8 Carel *1742, boer na sy vader se dood op Rietfontein, dist Ceres x 3.11.1765 Maria Van der Merwe *1749 †c. 1779.
c9 Roelof *1744 +1791 x 1766 Martha Sophia Pretorius *1747 +1798.
c10 David *1747 +1773 x 30.4.1769 Martha Pienaar *1754.
c11 Petrus Johannes *1750 +1787 x 12.8.1770 Maria Magdalena Myburg *1750 +1755.

Pieter Willem van Heerden kan trots wees op sy nageslag. Niks het in ons land gebeur waar Van Heerdens nie by was nie. Selfs op Bruintjieshoogte is ‘n Isaac van Heerden saam met Andries Stockenstrom vermoor. Hulle het aan bykans alle oorloë, van die vroegste teen die Hottentotte tot die Tweede Wêreldoorlog, deelgeneem. In die Boereoorlog het veral kommandant Carel P. van Heerden, veldkornet B. I. J. van Heerden van Ventersdorp, en Willem van Heerden (Kaapse rebel) hulle onderskei, terwyl talle Van Heerdens bittereinders was. Gedurende die groottrek het hulle hulle rol gespeel. C. J. Van Heerden was lid van die Natalse Volksraad in 1842, terwyl Carel Sebastian van Heerden en Willem van Heerden twee van Potgieter se belangrikste ondersteuners in Potchefstroom was. Laasgenoemde paar se seuns het in 1852 onder H. Potgieter ‘n waaghalsige kommissie na die Ngani-meer meegemaak.

Onder die Van Heerdens was daar talle Parlementslede (ook ministers) predikante, dokters, wetsgeleerdes, tandartse. veeartse, wetenskaplikes, kunstenaars, skrywers en digters- Isaac van Heerden & Ernst van Heerden .
[Bron: Van Heerden Dr Petronella: Geslagsregister van die Familie van Heerden 1701-1968)

  • Hits: 10229