Produkte en Dienste - Argieftoere

Archive tour sideArgiewe is belangrike instellings wat gesamentlik die gedokumenteerde geheue van ons land omvat. Een van hul belangrikste funksies is om hierdie rekords te ontsluit en beskikbaar te stel vir navorsing. As sulks is argiewe van onskatbare waarde vir genealoë, al lyk dit aanvanklik oorweldigend. Hoe werk hulle? Waar begin jy?
GGSA se bekende Argieftoere of Archive Crawls is baie gewild as 'n inleiding om die beginner-genealoog te help om op 'n praktiese manier kennis te maak met argiewe, maar net soveel vir meer gevorderde navorsers om goed voorbereid te wees vir hulle argief-besoeke en die optimale gebruik daarvan.
Waarom bied die GGSA hierdie toere aan? Die Argieftoere fokus op GGSA-lede met die doel om die navorsingsvermoë van lede te ontwikkel en te verbeter, terwyl spangees tussen GGSA-lede en takke opgebou word.
Die doelstellings sluit in om:
  • Beginner-genealoë bekend te stel aan argiewe - hoe dit werk, wat dit aanbied, hoe om te vind waarna jy soek, ens.
  • Beginner en ervare genealoë in staat te stel om voorbereid te wees en argiewe optimaal te benut - met ander woorde om die meeste uit 'n besoek in die kortste moontlike tyd te haal; en
  • Lede in staat te stel om hul eie navorsing te doen en tydens die besoek goeie vordering te maak met hul navorsing in 'n ondersteunde konteks.
Op hierdie bladsye vind u inligting oor die belangrikheid van argiewe, 'n tipiese program van die argieftoere, sowel as die  jaarlikse skedule,  terugvoer oor vorige toere en die antwoorde op 'n paar gereelde vrae (FAQ) en kontak besonderhede as jy belangstel.