Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) - 2020

The National Council shall consist of the National Executive Committee (elected and co-opted members) and all Branch Chairpersons and Vice-chairpersons, or their nominated  representatives, as ex officio members, and all such members shall be current and fully paid-up members of the Society
 
 NAAM
POSISIE
 PORTEFEULJE
 TAK
 1
 Gerrit Muller
 President
 
 Noord-Transvaal
 2
 Dennis Pretorius
 Visepresident 
 
 Wes-Gauteng
 3
 Ellen Harmse
 Tesourier
 
 Noord-Transvaal
 4
 Cathy Potgieter
 Sekretaris
 
 Vaaldriehoek (Sekretaris)
 5 
 Alta Griffiths
 Bykomende Lid
 Bemarking
 eGGSA (Voorsitter)
 6
 Hendrik (Pottie) Potgieter
 Bykomende Lid
 Begrafnisbriewe
 Vaaldriehoek (Tesourier)
 7
 Germaine Smith
 Bykomende Lid
 Webtuiste
 Vaaldriehoek (Voorsitter)
GEKOOPTEERDE LEDE
 8
 Petro Coreejes-Brink
 Gekoöpteerde Lid
 Familia Redakteur
 
 9
 Peter & Berverley Moss
 Gekoöpteerde Lid
 Begraafplaasprojek
10
 Hendrik Louw
 Gekoöpteerde Lid
 Produkte
NASIONALE UITVOERENDE KOMITEE VAN KOMENDE / VORIGE JARE
2020

 

PRESIDENT VAN DIE GGSA - GERRIT MULLER
NEW COM 2019 5
Francois Gerrit Muller was born on October 15 1943 in Bloemfontein. His parents were John Alfred Muller and Christina Johanna Sofia Naude. Gerrit, was their first child. In 1961 Gerrit passed matric and Gerrit Muller was called up for extended military service. After military service he started work as an apprentice technician in the telecommunications engineering department of the Post Office in Bloemfontein. In 1963 Gerrit moved to Pretoria and began training at the Pretoria Technical College and qualified in 1965 as a communications technician. He met Hettie Wandrag in 1963 and got married 1967. Gerrit accepted a post at African Cables in Vereeniging in 1968. Here three children were born, two sons and a daughter. Meanwhile, Gerrit furthered his education by enrolling for a B.Com Degree as an afterhours student at the Potchefstroom University. He obtained his degree in 1972 and became assistant to the company secretary of Union Steel Corporation.
In 1974 the family moved to Tzaneen where Gerrit accepted position as company secretary at Sapekoe. Sapekoe was a company that has grown tea and coffee in the high rainfall areas of South Africa. In 1997, the National Department of Health advertised a position for a chief director of finance. Gerrit applied and got the job and started working in 1998 in Pretoria. He was soon promoted to Chief Financial Officer of the Department and held the post until his retirement in 2008.
My interests are driven by my curiosity but also my appreciation of people and their activities. So I need to know what is going on in my country as well as in the wide world with particular reference to the effect of political and economic developments. Another interest is to travel. New experiences in other countries and visits to interesting places gives me great pleasure. I like reading since I can remember. Genealogy as a hobby gives me great pleasure since it gives me insight into the family history at a particular point in time."
VISEPRESIDENT - DENNIS PRETORIUS
Dennis PretoriusDennis Henry PRETORIUS Gebore op 6 Des 1947 in Bloemfontein as die derde kind van Johannes Hendrik Pretorius en Sarah Helen le Pierre Boshoff.
Ontvang skoolopleiding in Grey Kollege, Bloemfontein tot 1961 en word daarna  Transvaler by die  Floridase Hoërskool tot 1963. Werk naskool by SAR en H Johannesburg as junior klerk in die aankoopafdeling waar sy laaste taak was om die destydse Boeing 747 onderdele en toerusting aan te koop. Hy studeer deeltyds aan die Universiteit van Suid Afrika.
Gedurende hierdie jare ontmoet hy vir Minnie Pretorius, destyds student-onderwyseres aan die Goudstad Onderwyskollege. Hulle trou in 1969 in Dundee, Minnie se geboortedorp, en twee dogters en ‘n seun word gebore uit hierdie huwelik.
Gedurende 1969 sluit Dennis aan by die Ingenieursgroep Patent Product Bpk as Kommersieële Bestuurder en later as Groep Rekenmeester.  Na etlike jare in die posisie begin Dennis en sy broer Brian ‘n Woonwa-saak in Krugersdorp wat hulle saam bestuur vir 30 jaar.
Gedurende die jare in Krugersdorp was Dennis voortdurende betrokke by gemeenskapsprojekte, uiteindelik het hy in 2005 Raadslid in Krugersdorp (Mogale City) geword, ‘n posisie wat hy tans nog in dien. Dennis geniet politiek – maar veral die diens wat hy doen in die Voorsitter van die Finansieële Portefeulje vir die DA in Gauteng.
Dien 22 jaar op die bestuur van Krugersdorp Publisiteit – later Mogale Toerisme – tans Direkteur van die Wesrand Besigheidskamer en Toerisme Bestuur.
Sedert 1991 lid van Krugersdorp Rotary Klub en gedurende 1993 President van die Klub – tans weer President van Rotary Krugersdorp. Hy bestuur tans twee aftreeoorde vir Sosiale Pensioentrekkers namens Rotary.Vanaf 1998 ‘n ywerige navorser van Familiegeskiedenis en stigterslid en voorsitter van die WesGauteng Tak van die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika. Dien vir etlike jare op die Nasionale Uivoerende Komitee (NUK) van die GGSA. Sy portfeulje op die NUK is die ontwikkeling en ontsluiting van genealogiese bronne. Dennis  se Genealogie-passie is om aangenome kinders te help om hulle biologiese ouers te vind.
TESOURIER - ELLEN HARMSE  
NEW COM 2019 6Ellen HARMSE nee RUSCH, is gebore op 13 Junie 1950 in Windhoek, in die destydse Suid-Wes-Afrika. Volgens Duitse tradisie is ter verwelkoming by die hospitaal 'n pienk vlag gehys en 'n kennisgewing in die plaaslike koerant geplaas! My ouers is Franz *1908 Windhoek, Duits-Suid-Wes-Afrika x Else KAPPEL * 1911 Berlyn, Duitsland. Oupa Ernst Julius, die stamvader, was een van die eerste 41 Schutztruppler (Duitse beskermingsmagte) wat vrede tussen die Hereros en Namas moes bewerkstellig en het in Januarie 1890 in Namibia voet aan wal gesit. Vanaf 1970 woon sy in Johannesburg en Kempton Park waar sy in die konstruksiebedryf en as dosent by volwasseonderrig vir die Departement van Onderwys tot 1995 werksaam was.
1973 is sy getroud met Neels Harmse *1939 Schweizer Reineke en hulle het twee dogters, Benita en Anja en een kleinseun Tristan. Sy het agtergekom dat daar nog nie veel navorsing oor die HARMSE's gedoen is nie, en haar nou daarmee besig. Sy het konsepsamestelling in die boekery van die Erfenisstigting en by Gisa geplaas vir kommentaar en om jaarliks met die nuutste inligting aangevul en vervang te word. Ellen organiseer elke jaar die toer na die verskillende argiewe. Van 'n klein begin waar aanvanklik net na die Wes-Kaap Provinsiale Argief (voorheen KAB) gegaan is het dit gegroei, soveel so dat daar nou ook toere na die Vrystaat Provinsiale Argief en ook na die Nasionale Argief in Pretoria organiseer word. Met die oog op die 200-jarige viering van die aankoms van die 1820 Setlaars word 'n toer na die Oos-Kaap in die vooruitsig gestel.
SEKRETARIS - CATHY POTGIETER 
NEW COM 2019 8
Cathy Potgieter (gebore Elsie Cathrine van der Merwe) is gebore op Dins 25 Feb 1958 in die destydse Salisbury, Rhodesie, deesdae beter bekend as Harare, Zimbabwe.
Ma Helen Johanna (gebore Heath) was van Engelse afkoms en Pa Cornelius Johannes van der Merwe was Afrikaans sprekend, afkomstig van die Vereeniging omgewing. My Ma is oorlede in 'n motorongeluk toe ek 3 jaar oud was in Rhodesie en ek en my Pa het toe teruggekom Suid Afrika toe. Ons het by my Ouma en Oupa gebly totdat my Pa weer getroud is.
Ek het skool gegaan in die Vereeniging omgewing, later ook in Ladysmith, Natal en in 1975 gematrikuleer aan die Hoërskool Drie Riviere, Vereening, Transvaal.
My werk loopbaan was vir +-35jr by ArcelorMittal (vroeer bekend as Iscor) aanvanklik as Finansiele Klerk, Sekretaresse en later jare as SHERQ Stelsel Administrateur in Vereeniging ten op sigte van Veiligheid, Gesondheid, Omgewing en Kwaliteitstelsels.Al ons kinders is selfstandig en uit die huis en 3 van ons 4 dogters is getroud. Hulle beroepe wissel van Aandeel houer (privaat besigheid), Oogkundige (met eie praktyk), Ge-oktieerde Rekenmeester (NTT Toyota) tot Onderwyseres (Francis Vorweg-skool). Huidig het ons 4 kleindogters en 1 kleinseun met die 6de kleinkind oppad in Jan 2021.
Ek hou daarvan om kreatief te wees en breiwerk, naaldwerk te doen, asook van tuinmaak en om te reis. Die pensioen-status is ‘n baie groot ervaring en om te verhuis na baie jare was ‘n massiewe stap in ons lewens, maar die lewe is baie anders in die Vaaldriehoek as wat ons nou ervaar hier in Jeffreysbaai. Daar is nou baie meer tyd vir onsself sodat ons die uitstaande familie navorsing kan doen ten opsigte van my Heath en Van der Merwe families en dit is bevredigend om meer tyd te hê om daaraan te werk. Verder het ek begin skilder en dit is wonderlik om te sien hoeveel verborge talent ek het …..
Vroeer jare toe die kinders nog klein was en tennis gespeel het, was ek Sekretaresse van die Vaaldriehoek Tennisakademie, later by die Vaaldriehoek Stapklub en die afgelope paar jaar Sekretaresse by die Vaaldriehoek tak en NUK van GGSA.

ADDITIONAL MEMBER - ALTA GRIFFITHS - MARKETING  

Alta Giffiths
Alta Griffiths, nee Rudolph, was born and grew up in the picturesque town of Heidelberg in Gauteng. She is the eldest of two children.  Alta's family roots in this town go back to the early 1845's. Although her mom was born Kruger, the maternal side with the Rossouws, Brits and Slabbert families were there much earlier with baptisms recorded in the Potchefstroom register being done at the  Suikerboschrand. 
Alta has been doing family research for the last 16 years , with  a couple of brick walls still to be worked on. On the Rudolph side she has ties with the Voortrekkers, it was believed that there were so many orphans under the Voortrekkers that her great-grandfather was appointed the "Weesheer" (Orphan Master).
Alta is chairman of eGGSA, the virtual branch of the society and was appointed as an Additional Member on the NEC with the portfolio of Marketing. She works as a full time Occupational Health Nurse in Cape Town while raising two children.
ADDITIONAL MEMBER - HENDRIK (POTTIE) POTGIETER - FUNERAL LETTERS & AWARDS
Hendrik Pottie Potgieter
Hendrik (Pottie) Potgieter (gebore Hendrik Jacobus) is gebore op Don 25 Jul 1957 in Springs Transvaal. Ma Gerrie Maria Elizabeth (gebore Gouws) en Pa Henry Richard Potgieter was Afrikaans sprekend. Ma afkomstig van die Warmbad, Noord-Transvaal omgewing en Pa van die Delmas, Oos-Transvaal omgewing. Ma was gekwalifiseerd in die verpleeg rigting en het vir baie jare as Verpleegster, Suster en Matrone by verskye hospitale gewerk. Pa was eers 'n fabriekswerker by van die papierfabrieke van SAPPI en later jare Verkoops Bestuurder van Coca-Cola by verskeie aanlegte.
Het gr1 na Laerskool Delmas toe gegaan en vanaf gr2 na Laerskool Kommando, Brakpan. Later jare na die Hoër Tegniese Skool, Brakpan vir St6-8 en toe na HTS Bloemfontein vir 6mde (in St9) en weer terug na HTS Brakpan om daar te matrikuleer in 1975.
Die jare na skool was ‘n komplekse mengelmoes van studies, huwelik, 2-jaar militere diens / kampe, gesinslewe en werkverpligtinge. Studies het bestaan uit kwalifikasies in die Metallurgiese Ingenieurswese rigting, nagraadse Bestuursopleiding en ‘n aanvullende B.Comm-graad. Het al die jare net by een werkgewer gewerk, alhoewel die naam van die maatskappy verskeie kere verander het en finaal as ArcelorMittal (vroeer bekend as Iscor), SA se grootste staalvervaardiger nou bekend is. Dit was ‘n baie dankbare tyd van my lewe om vaardighede aan te leer en netwerk kontakte met ander mense op te bou. Na verskeie oorsese reise om aanlegte in die buiteland te besoek om kundigheid uit te ruil, baie opleidingskursusse, simposiums, konferensies en oorsese besoekers het ek in Mei 2017 na 41 jaar en 19 dae diens met pensioen gegaan nadat ek verskeie poste in die Produksie, Proses Ontwikkeling en Kwaiteits afdelings beklee het.
Nadat ek en Cathy in 2017 met pensioen gegaan het, het ons die huis in Vaalpark, Sasolburg verkoop en 'n nuwe huis in Jeffereysbaai, Oos-Kaap gebou om in Nov 2018 te verhuis na J-Bay.
Persoonlik al so vir die laaste +-25 jr by die Genealogie (familie stambome en geskiedenis) betrokke, met fokus op my eie Potgieter – Gouws – Rossouw – Bester families. By die Vaal3Hoek-tak betrokke as een van die stigterslede in 1999 saam Prof Johann Tempelhoff as Tesourier, later as Sekretaris en nou weer as Tesourier.
Die nuwe huis en omgewing waarin ons nou bly is baie anders as die “ratrace” lewe waaraan ons in Gauteng aan gewoond was. Dit is 'n baie groot ervaring om in te skakel by ‘n nuwe gemeenskap van meestal pensioenarisse in die Oos-Kaap by die see. Daar is nou tyd om al die baie navorsing te doen wat vir soveel jare uitstaande gebly het en dit is wonderlik om meer tyd te hê om daaraan te werk.
Vroeër jare, toe “ons nog baie vrye tyd gehad het” het ek dit geniet om Muurbal te speel, aan Padwedlope (insluitend 2 Comrades-marathonne) deel te neem en om verskeie Staproete regdeur die land te stap. Dit het veroorsaak dat ek betrokke was by die Komitees / Besture van die Vaal3Hoek-Stapklub, Iscor Marathon-klub en GGSA-GGSA.
ADDITIONAL MEMBER - GERMAINE SMITH - GENZA WEB MANAGER 
Germaine Smith
Germaine Lisel Rosslyn Smith born in the City of Roses on a beautiful Saturday winters afternoon during a very important rugby match no less!  My parents are Arthur Leslie Rosslyn Smith and Carol Evelyn van den Berg.
I lived in Bloem and went to one of the best girl’s schools, namely Eunice Primary. Later on we moved to Three Rivers, Vereeniging where I completed my primary school years at Milton Primary and then matriculated at Riverside High.
My love for art took me to study Fine Arts at the Vanderbijlpark Technikon, but today I find myself drawing more on my pc than on canvas.
I started researching my British heritage on my paternal side (Smith & Farmiloe ). They were from British decent and two trips to the UK led me to finding my grandfather’s family and obtaining many of the documents I was looking for at the time.
My maternal line takes me as far back as the Great Voortrekkers  and the British settlers, this was going to be exciting to research as it would cover both my grandfather and grandmother. The surnames of Holder, Dicks, Thompson, Durand and de Bruin was my grandmothers Heritage. They all hailed from the Dordrecht, Maclear region in the Eastern Cape. I have to still receive the photo of proof that my Great Aunt was born on an ox wagon trekking the arduous journey to Natal.
I am the Chairman of the Vaal Triangles GSSA Branch and find it so true to my nature to encourage and assist our members to find their long gone family members for which some have searched for decades.

 CO-OPTED MEMBER OF THE NEC - PETER & BEVERLEY MOSS CEMETERY DVD PROJECT MANAGERS 

Peter Beverley MOSS

Peter was born in the UK in 1943 and came to SA in 1952. In 1957 they moved to Lusaka in Northern Rhodesia (later Zambia), which was the start of the Moss Treks up and down Africa. Peter had attended St John’s College in Johannesburg, now went to Gilbert Rennie School in Lusaka and then Prince Edward in Salisbury. The following big step was 3 years at Leeds University in UK, from where he graduated with a BSc (Hons) in Mechanical Engineering in 1962. He returned to start work on the Zambian copper mines.
Beverley was born in Mufulira on the Zambian Copperbelt in 1952 and attended her primary school years there.  From 1966 to 1969 she attended Arundel Girls School in Salisbury, after which she returned home to the Zambian Copperbelt and started secretarial work on the mines.
Peter and Beverley met on the mine in Chililabombwe, some five kms south of the Congolese border, in 1973. They were married there in 1975, and their sons Stewart (1977) and Adrian (1978) arrived shortly thereafter. They were then transferred to Kitwe in 1981, where Peter was Engineering Manager on the mine until 1984, before undertaking the longest portion of the Moss Trek to date – SA. Peter then continued his career with the mines until his retirement in 2017 – over 50 years working in the industry.
Beverley had started her genealogy even before our inevitable move to SA, undertaken by remote telephone calls from Kitwe to Harare (no cell data in those days) – Peter always did wonder why the bills were so high! Following our arrival in SA in 1984, we made an early trip to the main family farm cemetery at Grootvlei just south of Nylstroom, and of course faithfully recorded the family cemetery inscriptions. We were hooked!
CO-OPTED MEMBER OF THE NEC - HENDRIK LOUW - PRODUCTS  
Hendrik LOUW
Ek is gebore op 9 September 1959 te Kenhardt as die 2de kind (4 seuns) van Willem Jacobus Nicolaas Louw en Elizabeth Maria de Waal.
My kinderdae op die plaas Loogkolk waar ek grootgeword het, was sorgeloos. Ons moes van vroeg af help, maar het ook die ope wye veld gehad waar ons gespeel het. In my jare voor skool het my ouers elke sent omgedraai, dit was droogte jare in die Boesmanland en baie boere, inkluis my ouers het weiweld gaan soek vir die diere in Suidwes-Afrika. Natuurlik was my moeder se ouers Suidwesters. In die tyd het my ouers veld gekry by wyle Oom Hennie Lubbe van Hofmeyer, Oos van Mariental. Die meeste boere het egter meer na die westelike deel van Suidwes waar goeie reen geval het, gegaan. (Dit is die gebied waar die bekende wilde perde van Suidwes is)
Ek het Sub A begin in Kenhardt, maar Sub B was alweer ’n droeë jaar en weer was dit Suidwes toe, so het ek skool gegaan in Stamprietfontein. Die seuns in ou klip koshuis, terwyl die meisies se koshuis naby die skool was, dit is ook waar ons ge-eet het omrede die eetsaal by die koshuis was. Hierdie tyd is vasgevang in my brein en sal ek altyd onthou, die lekker “Artetiese ondergrondse” water, amper asof dit effens soet is, het deur die gebied gevloei en is vandag nog vir verskeie boere ’n lewens-aar. September / Oktober as alles groen is, blomme en vrugte oral.
In 1968 terug in die Boesmanland. Ek het in my skooljare amper aan alle sport soorte deelgeneem wat deur die skole aangebied was. My ouer broer was ’n uitblinker en ek moes hard swoeg om soms by te bly, kon nooit een van sy rekords breek nie.
My laaste drie jaar, was ek egter in Kakamas (Hoërskool Martin Oosthuizen) in die skool. Lieflike tyd en ons klasmaats gesels vandag nog via whatsup met mekaar.
Om iets te sê oor my ouers is maklik, want hulle was uiters hardwerkend, groeie christen mense met goeie waardes. My pa se hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Hy kon ook met almal saam gesels, nee hy het op die meeste vereenigings / unies se komitees gedien, landbou en politiek, om net te begin. Hy kon self bou en die plaas voertuie en masjienerie is gereeld deur homself gediens. Hy was baie betrokke in die plaaslike kommando as AO2 en dien ook op die kerkraad, eers as diaken en later as ouderling. My moeder, ’n geswore suidwester ken van biltong maak en ja, haar skaapboud en ander kosse bly jou hele leeftyd met jou.
Na skool, is dit Bloemfontein toe. Ek woon as kovsie in die bekende of is dit nou berugte manskoshuis, Pres. Reitz kamerwonings en studeer B. Com aan UOVS. In die einde van my 2de jaar, begin ek by Volkskas werk, die twee jare daarna doen ek my Nasionale diensplig. Begin by Potchefstroom, toe Infanterieskool waar ek klaar maak en rang kry, dus Luitenant. Ek bereik later die rang van Majoor. My weermag dae, kampe ens. was vol verantwoordelikhede, maar ek sal jok as ek sê ek het dit nie ook geniet nie. Ek ontmoet ook die meeste senior range van daardie tyd, persoonlik.
In 1986 tree ek in die huwelik met Sharon Gail Lockhart. Ons het drie kinders, Chantel, Jaco en Sindy. Jacobus de Waal Louw (Jaco) tree in die huwelik met Luzanne Meyer en hul seun, De Waal Louw word op 22 Nov 2017 gebore.
Na 39jaar in die Bankwese bedank ek en begin my eie Eiendomsbesigheid (HESHA Eiendomme) HE = Hendrik + SHA = Sharon
Ons woon tans al vanaf 1992 in Kempton Park, die Here seen ons en is baie gelukkig.
Die Genealogie gogga het my gebyt toe ek in die laat 1969, begin 1970 vir Oupa Izaak Jacobus Louw sy broers en susters se name moes neerskryf. Alhoewel hy basies sestien kon onthou (hy is 4.3.1887 gebore, op 103 jaar en 6 mde op 13 September 1990 oorlede) is daar later met navorsing bewys dat daar ten minste 22 kinders was. Dit mag self 24 wees, indien daar aangeneem word, kinders vroeg oorlede se name is weer gebruik.
In 2009 word ek verkies as president van die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika. Ek bedank tydens die AJV van 2012 as gevolg van gesondheid, druk en eie besigheid verantwoordelikhede. Ek bly egter eers aan as produk verteenwoordiger en tesourier. Baie gou sou ek net die produkte vir GGSA hanteer en doen dit vandag nog.