Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) 2021

The National Council shall consist of the National Executive Committee (elected and co-opted members) and all Branch Chairpersons and Vice-chairpersons, or their nominated  representatives, as ex officio members, and all such members shall be current and fully paid-up members of the Society
 NAAM
POSISIE
 PORTEFEULJE
 TAK
 1
 Hendrik Louw
 President
 Noord-Transvaal
 2
 Johann Pottas
 Visepresident 
 Vrystaat
 3
 Ellen Harmse
 Tesourier
 Noord-Transvaal
 4
 Cathy Potgieter
 Sekretaris
 Vaaldriehoek (Sekretaris)
 5 
 Alta Griffiths
 Bykomende Lid
 Bemarking
 eGGSA (Voorsitter)
 6
 Wilhelm Bernhardt
 Bykomende Lid
 Vaaldriehoek (Voorsitter)
 7
 Germaine Smith
 Bykomende Lid
 Webtuiste
 Vaaldriehoek (Voorsitter)
GEKOOPTEERDE LEDE
 8
 Petro Coreejes-Brink
 Gekoöpteerde Lid
 Familia Redakteur
 9
 Peter & Berverley Moss
 Gekoöpteerde Lid
 Begraafplaasprojek
NASIONALE UITVOERENDE KOMITEE VAN KOMENDE / VORIGE JARE
2021

President - Hendrik Louw 2021
Hendrik LOUW
Ek is gebore op 9 September 1959 te Kenhardt as die 2de kind (4 seuns) van Willem Jacobus Nicolaas Louw en Elizabeth Maria de Waal.
My kinderdae op die plaas Loogkolk waar ek grootgeword het, was sorgeloos. Ons moes van vroeg af help, maar het ook die ope wye veld gehad waar ons gespeel het. In my jare voor skool het my ouers elke sent omgedraai, dit was droogte jare in die Boesmanland en baie boere, inkluis my ouers het weiweld gaan soek vir die diere in Suidwes-Afrika. Natuurlik was my moeder se ouers Suidwesters. In die tyd het my ouers veld gekry by wyle Oom Hennie Lubbe van Hofmeyer, Oos van Mariental. Die meeste boere het egter meer na die westelike deel van Suidwes waar goeie reen geval het, gegaan. (Dit is die gebied waar die bekende wilde perde van Suidwes is)
Ek het Sub A begin in Kenhardt, maar Sub B was alweer ’n droeë jaar en weer was dit Suidwes toe, so het ek skool gegaan in Stamprietfontein. Die seuns in ou klip koshuis, terwyl die meisies se koshuis naby die skool was, dit is ook waar ons ge-eet het omrede die eetsaal by die koshuis was. Hierdie tyd is vasgevang in my brein en sal ek altyd onthou, die lekker “Artetiese ondergrondse” water, amper asof dit effens soet is, het deur die gebied gevloei en is vandag nog vir verskeie boere ’n lewens-aar. September / Oktober as alles groen is, blomme en vrugte oral.
In 1968 terug in die Boesmanland. Ek het in my skooljare amper aan alle sport soorte deelgeneem wat deur die skole aangebied was. My ouer broer was ’n uitblinker en ek moes hard swoeg om soms by te bly, kon nooit een van sy rekords breek nie.
My laaste drie jaar, was ek egter in Kakamas (Hoërskool Martin Oosthuizen) in die skool. Lieflike tyd en ons klasmaats gesels vandag nog via whatsup met mekaar.
Om iets te sê oor my ouers is maklik, want hulle was uiters hardwerkend, groeie christen mense met goeie waardes. My pa se hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Hy kon ook met almal saam gesels, nee hy het op die meeste vereenigings / unies se komitees gedien, landbou en politiek, om net te begin. Hy kon self bou en die plaas voertuie en masjienerie is gereeld deur homself gediens. Hy was baie betrokke in die plaaslike kommando as AO2 en dien ook op die kerkraad, eers as diaken en later as ouderling. My moeder, ’n geswore suidwester ken van biltong maak en ja, haar skaapboud en ander kosse bly jou hele leeftyd met jou.
Na skool, is dit Bloemfontein toe. Ek woon as kovsie in die bekende of is dit nou berugte manskoshuis, Pres. Reitz kamerwonings en studeer B. Com aan UOVS. In die einde van my 2de jaar, begin ek by Volkskas werk, die twee jare daarna doen ek my Nasionale diensplig. Begin by Potchefstroom, toe Infanterieskool waar ek klaar maak en rang kry, dus Luitenant. Ek bereik later die rang van Majoor. My weermag dae, kampe ens. was vol verantwoordelikhede, maar ek sal jok as ek sê ek het dit nie ook geniet nie. Ek ontmoet ook die meeste senior range van daardie tyd, persoonlik.
In 1986 tree ek in die huwelik met Sharon Gail Lockhart. Ons het drie kinders, Chantel, Jaco en Sindy. Jacobus de Waal Louw (Jaco) tree in die huwelik met Luzanne Meyer en hul seun, De Waal Louw word op 22 Nov 2017 gebore.
Na 39 jaar in die Bankwese bedank ek en begin my eie Eiendomsbesigheid (HESHA Eiendomme) HE = Hendrik + SHA = Shar.  Ons woon tans al vanaf 1992 in Kempton Park, die Here seen ons en is baie gelukkig.
Die Genealogie gogga het my gebyt toe ek in die laat 1969, begin 1970 vir Oupa Izaak Jacobus Louw sy broers en susters se name moes neerskryf. Alhoewel hy basies sestien kon onthou (hy is 4.3.1887 gebore, op 103 jaar en 6 mde op 13 September 1990 oorlede) is daar later met navorsing bewys dat daar ten minste 22 kinders was. Dit mag self 24 wees, indien daar aangeneem word, kinders vroeg oorlede se name is weer gebruik.
In 2009 word ek verkies as president van die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika. Ek bedank tydens die AJV van 2012 as gevolg van gesondheid, druk en eie besigheid verantwoordelikhede. Ek bly egter eers aan as produk verteenwoordiger en tesourier. Baie gou sou ek net die produkte vir GGSA hanteer en doen dit vandag nog.
Vice President - Johan Pottas 2021
Johan Pottas 1
Johan Jacob POTTAS is gebore in die Elizabeth Heim, Windhoek, Namibië op 13 April 1961, een van 5 kinders van wyle Johan Jacob POTTAS (Skerf) en Elizabeth Mathilde POTGIETER (Lilli) van Windhoek. Hy is een van vier oorlewende kinders en die enigste oorlewende seun, ‘n ouer broer is as baba oorlede. Hy gaan skool in die Laerskool Eros, Windhoek en Windhoek Hoërskool. Is hoofseun op laerskool en leerlingraadslid op hoërskool, verwerf SWAAIKS kleure in atletiek, gimnastiek. Speel hokkie vir skool se eerste span.
Na skool doen hy diensplig. Hy studeer aan die Universiteit van Vrystaat behaal BComm en BComm(Hons) (Kapitale investering). Artikel vir 2 jaar as ouditeursklerk, werk as professionele fotograaf vir 2 jaar, werk by Pick n Pay as bederfbare voedselbestuurder vir 8 jaar en daarna vir die Universiteit van die Vrystaat in verskeie hoedanighede.
Hy is getroud in die KOVSIE NGK, Bloemfontein op 21 September 1985 met Eureka Dannhauser SMITH gebore in die verplegingskliniek op Edenburg, Vrystaat op 26 Februarie 1961, dogter van wyle Gert Hendrik Dannhauser SMITH en Maria Elizabeth BOTHA (Mary). Sy het groot geword op Trompsburg, Vrystaat, studeer aan die Universiteit van die Vrystaat.
My belangstelling in genealogie kom al ‘n baie lang pad, as kind was ek die een wat gedurig die familie stories oor en oor wou hoor. Dit het na skool ‘n stokperdjie geword om op skoue die stalletjie met familie wapens onderstebo te loop, want hulle kon nooit my vrae antwoord oor die van POTTAS nie! Ek het elke keer gesê ek sal slegs betaal as hulle my iets oor die van kon vertel. . In 1997 het ek so op eie stoom begin rond ploeter met familie navorsing, sluit in 2000 aan by die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika en ploeter nog voort, nie juis aktief nie. Maar ernstige belangstelling het so in 2001 begin, toe ek besef het, die geslag voor my is besig om almal uit te sterf en met hulle saam al die wonderlike stories en inligting. Teen 2003 het ek die POTTAS lyn uitgesorteer gehad en toe het my moeilikheid met my ander voorsate begin. Die een het tot volgende gelei en vandag doen ek aktief navorsing op meer as 80 verskillende vanne in hul geheel. In 2003 oortuig Simon DUPLOOY en Hendrik LOUW my om die AJV in Port Elizabeth by te woon en daar word ek deur hulle 2 en Johann JANSE VAN RENSBURG oortuig om die Vrystaat tak te herstig.
Ek is dus in Maart 2003 betrokke by die herstigting van die VGGSA in Bloemfontein, word aldan ook verkies as voorsitter van die tak, ‘n pos wat ek vul tot September 2013. Hierna is ek “onbetrokke” by die tak en GGSA hoewel ek aktief lid bly. In die tyd wat ek voorsitter was is ek via Hendrik LOUW ook betrokke by die beskikbaarstelling en samestelling van ‘n klompie van GSSA se Omnibus cd’s. My eerste genealogiese publikasie is “Die Van den(r) Berg's van die Kaap tot Witkraal, Petrusburg” 2005 wat ek saamstel vir ‘n jare lange vriend Cas VAN DER BERG, daarna verskyn my eie famlie register geskryf vir my pa Skerf POTTAS se 80ste verjaarsdag “Die Pottas skerwe vanaf Schwalenberg tot Windhoek” 2006, daarna verskyn die “Van den(r) Berg(h) families van Suider-Afrika” 2008 en ook “Alexander's SA” 2011. Ek is ook as mede outeur betrokke by die “BEKKER register” saamgestel deur Ann TIRAN en myself.
Daar is ook talle kleiner families wat ek navors en wat verskyn in die GGSA se Omnibusse.
Verder was ek ook outeur van die Vrystaat GGSA se publikasie Maiores vanaf 2003 tot 2010, toe ek nie my weg oopsien om daarmee voort te gaan nie.
Families waaraan ek tans nog werk: VAN DEN(R) BERG(H), KLOPPER, POTTAS, MENTZ, dele van BEKKER, SMIT, POTGIETER, OOSTHUIZEN, DANNHAUSER, al die nakomelinge van Elizabeth VOOGD die dogter van Claus VOIGT (‘n Duitser) en Christina (‘ KhoiSan vrou) en nog vele meer. Dan is daar ook nog die Vrystaatse stamvader projek waarmee ek besig is, dit wil sê al die mans en vrouens wat in die tydperk 1820 tot 31 Mei 1902 die Vrystaat ingekom het en al hier gevestig het.

 

Treasurer - Ellen Harmse 2021
Ellen Harmse
Ellen HARMSE nee RUSCH, is gebore op 13 Junie 1950 in Windhoek, in die destydse Suid-Wes-Afrika. Volgens Duitse tradisie is ter verwelkoming by die hospitaal 'n pienk vlag gehys en 'n kennisgewing in die plaaslike koerant geplaas! My ouers is Franz *1908 Windhoek, Duits-Suid-Wes-Afrika x Else KAPPEL * 1911 Berlyn, Duitsland. Oupa Ernst Julius, die stamvader, was een van die eerste 41 Schutztruppler (Duitse beskermingsmagte) wat vrede tussen die Hereros en Namas moes bewerkstellig en het in Januarie 1890 in Namibia voet aan wal gesit. Vanaf 1970 woon sy in Johannesburg en Kempton Park waar sy in die konstruksiebedryf en as dosent by volwasseonderrig vir die Departement van Onderwys tot 1995 werksaam was.
1973 is sy getroud met Neels Harmse *1939 Schweizer Reineke en hulle het twee dogters, Benita en Anja en een kleinseun Tristan. Sy het agtergekom dat daar nog nie veel navorsing oor die HARMSE's gedoen is nie, en hou haar nou daarmee besig. Sy het konsepsamestelling in die boekery van die Erfenisstigting en by die "Library of the Cape Peninsula University of Technology (CPUT)" in Wellington wat die GISA-versameling bevat, geplaas vir kommentaar en om jaarliks met die nuutste inligting aangevul en vervang te word.
Ellen organiseer elke jaar die toer na die verskillende argiewe vir die GGSA. Van 'n klein begin waar aanvanklik net na die Wes-Kaap Provinsiale Argief (voorheen KAB) gegaan is het dit gegroei, soveel so dat daar nou ook toere na die Vrystaat Provinsiale Argief en ook na die Nasionale Argief in Pretoria organiseer word.
 

Secretery - Cathy Potgieter 2021

NEW COM 2019 8
Cathy Potgieter (gebore Elsie Cathrine van der Merwe) is gebore op Dins 25 Feb 1958 in die destydse Salisbury, Rhodesie, deesdae beter bekend as Harare, Zimbabwe.
Ma Helen Johanna (gebore Heath) was van Engelse afkoms en Pa Cornelius Johannes van der Merwe was Afrikaans sprekend, afkomstig van die Vereeniging omgewing. My Ma is oorlede in 'n motorongeluk toe ek 3 jaar oud was in Rhodesie en ek en my Pa het toe teruggekom Suid Afrika toe. Ons het by my Ouma en Oupa gebly totdat my Pa weer getroud is.
Ek het skool gegaan in die Vereeniging omgewing, later ook in Ladysmith, Natal en in 1975 gematrikuleer aan die Hoërskool Drie Riviere, Vereening, Transvaal.
My werk loopbaan was vir +-35jr by ArcelorMittal (vroeer bekend as Iscor) aanvanklik as Finansiele Klerk, Sekretaresse en later jare as SHERQ Stelsel Administrateur in Vereeniging ten op sigte van Veiligheid, Gesondheid, Omgewing en Kwaliteitstelsels.Al ons kinders is selfstandig en uit die huis en 3 van ons 4 dogters is getroud. Hulle beroepe wissel van Aandeel houer (privaat besigheid), Oogkundige (met eie praktyk), Ge-oktieerde Rekenmeester (NTT Toyota) tot Onderwyseres (Francis Vorweg-skool). Huidig het ons 4 kleindogters en 1 kleinseun met die 6de kleinkind oppad in Jan 2021.
Ek hou daarvan om kreatief te wees en breiwerk, naaldwerk te doen, asook van tuinmaak en om te reis. Die pensioen-status is ‘n baie groot ervaring en om te verhuis na baie jare was ‘n massiewe stap in ons lewens, maar die lewe is baie anders in die Vaaldriehoek as wat ons nou ervaar hier in Jeffreysbaai. Daar is nou baie meer tyd vir onsself sodat ons die uitstaande familie navorsing kan doen ten opsigte van my Heath en Van der Merwe families en dit is bevredigend om meer tyd te hê om daaraan te werk. Verder het ek begin skilder en dit is wonderlik om te sien hoeveel verborge talent ek het …..
Vroeer jare toe die kinders nog klein was en tennis gespeel het, was ek Sekretaresse van die Vaaldriehoek Tennisakademie, later by die Vaaldriehoek Stapklub en die afgelope paar jaar Sekretaresse by die Vaaldriehoek tak en NUK van GGSA.

Additional Member - Alta griffiths - Marketing  2021

Alta Giffiths
Alta Griffiths, gebore Rudolph, is gebore en het grootgeword in die skilderagtige stad Heidelberg in Gauteng. Sy is die oudste van twee kinders. Alta se familiewortels in hierdie stad strek terug na die vroeë 1845's. Alhoewel haar ma as Kruger gebore is, was die moederkant van die families Rossouws, Brits en Slabbert baie vroeër daar met doopname in die Potchefstroomse register wat aan die Suikerboschrand gedoen is.
Alta doen die afgelope 16 jaar familie-navorsing, met nog 'n paar baksteenmure waaraan gewerk moet word. Aan Rudolph-kant het sy bande met die Voortrekkers. Daar is geglo dat daar soveel weeskinders onder die Voortrekkers was dat haar oupagrootjie as die "Weesheer" (Weeskindmeester) aangestel is.
Alta is voorsitter van eGGSA, die virtuele tak van die vereniging en is aangestel as 'n addisionele lid in die NUK met die portefeulje van bemarking. Sy werk as voltydse verpleegkundige in Kaapstad terwyl sy twee kinders grootmaak.

 

Additional Member - Wilhelm Bernhardt 2022

Germaine Smith
Wilhelm Bernhardt is gebore op 7 Januarie 1970 in die Provinsiale Hospitaal op die dorpie Belfast, in die destydse Transvaal. Hy is die oudste seun van Wilhelm Bernhardt en Jacomina Johanna Venter. Sy kinderjare was sorgeloos en is Meestal deurgebring op die dorpie Waterval Boven, waar hy dan ook op laerskool was as leerling aan die Laerskool Oosterlijn, waar sy ouers onderwys gegee het. Hierna het hy 5 jaar lank elke dag bus gery om uiteindelik in 1987 te matrikuleer aan die die Hoërskool Belfast.
Na skool is hy Tukkies toe, waar hy ‘n graad in Politieke Wetenskappe behaal het in 1990, en ‘n Honneursgraad in Staatsleer in 1991. Hy sluit hom in 1992 aan by die Nasionale Intelligensiediens, tans die Staatveiligheids Agentskap. In 1998 behaal hy ‘n Meestersgraad in Politieke Wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch, en in 2004 voltooi hy sy D. Phil aan die Universiteit van Pretoria, weereens in Staatsleer, met as onderwerp die toepassing van risikobestuur beginsels in die statutêre intelligensie en nasionale veiligheids konteks. Wilhelm se voorliefde vir geskiedenis en genealogie is deur verskeie persone aangevuur, maar sy oupa aan moederskant, Willem Frederik Venter, moet waarskynlik die meeste krediet hiervoor kry.
Oupa Willem, ‘n besonder intelligente man en boer van die Machadodorp distrik, het die geskiedenis en stories van sy onderskeie voorgeslagte op die punte van sy vingers geken, en het dit male sonder tal aan sy kinders en kleinkinders oorvertel. Wilhelm, wat in die jaar 2000 met Isabel Nel getroud is, het reeds ‘n paar genealogiese publikasies agter die rug, waaronder sy magnum opus, wat in 2015 verskyn het, met die titel: “Die Familiegeskiedenis van Corli en Anica Bernhardt”. Hierin verken hy die voorgeslagte en geskiedenis van sy twee dogters aan beide vaders-en moederskant (altesaam 32 families, 16 aan vaderskant, en 16 aan moederskant), tot by die onderskeie stamvaders en-moeders.
Hy is ‘n sterk voorstander van ‘n holistiese benadering tot genealogie, en bevorder dus beide stamboom navorsing, sowel as die breër konsep van wetenskaplik-gefundeerde familiegeskiedenis skrywing. In 2020 wen hy die GGSA se toekenning vir beste artikel in Familia, en in 2021 word hy verkies tot Voorsitter van die GGSA se Noord Transvaal Tak. Wanneer hy nie met genealogie besig is nie bestee hy sy vrye tyd aan geskiedskrywing, boekversameling, die restourasie van klassieke motors, ritte op sy motorfiets, reis saam met sy vrou, die deursnuffel van antieke winkels en -markte, en om sommer net in sy motorhuis aan allerhande dinge te peuter.

 

Additional member - Germaine smith - GENZA Web Manager 2021
Germaine Smith
Germaine Lisel Rosslyn Smith gebore wat bekend staan as die Stad van Rose op 'n pragtige Saterdag winters middag tydens 'n baie belangrike rugbywedstryd nie minder nie! My ouers is Arthur Leslie Rosslyn Smith en Carol Evelyn van den Berg.
Ek het in Bloem gewoon en na een van die beste meisieskole gegaan, naamlik Eunice Primary. Later verhuis ons na Drie Riviere, Vereeniging, waar ek my laerskooljare aan Milton Primêre skool voltooi en daarna aan Riverside High matrikuleer.
My liefde vir kuns het my geneem om beeldende kunste aan die Vanderbijlpark Technikon te studeer, maar vandag teken ek meer op my rekenaar as op doek.
Ek het my Britse erfenis aan vaderskant begin ondersoek (Smith & Farmiloe). Hulle was van Britse afkoms en twee reise na die Verenigde Koninkryk het my daartoe gelei om my familie van my oupa te vind en baie van die dokumente te kry wat ek destyds gesoek het.
My moederlyn neem my so ver terug as die Groot Voortrekkers en die Britse setlaars, dit gaan opwindend wees om na te vors, aangesien dit my oupa en ouma sou dek. Die vanne van Holder, Dicks, Thompson, Durand en de Bruin was my oumas se erfenis. Hulle kom almal uit die Dordrecht, Maclear-streek in die Oos-Kaap. Ek moet nog steeds die bewysfoto ontvang dat my groottante gebore is op 'n ossewa wat die uiters moeilike reis na Natal getrek het.
Ek is die voorsitter van die Vaaldriehoekse GSSA-tak en vind dit so getrou aan my geaardheid om ons lede aan te moedig en te help om hul familielede te vind waarna sommige al dekades soek.


Co-Opted Member-  Petro Coreejes Brink - Familia Editor  2021
Germaine Smith
Petro Coreejes-Brink (gebore Coreejes) is op 2 Junie 1973 in Bellville gebore. Sy is die ouderlinge van twee dogters van Magrietha Louisa (Marina) van Wyk (van Brackenfell) en Gerhardus Johannes (Basie) Coreejes (van Carnarvon).
Sy matrikuleer aan die Hight School Brackenfell in 1991 en begin met 'n BBibl aan die Universiteit van Stellenbosch. Kort na die voltooiing van haar biblioteekkwalifikasie begin sy as bibliotekaris by die Cape Technicon in Kaapstad werk. Petro doen graag navorsing en behaal ook 'n BA Hon en 'n meestersgraad in Kultuurgeskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Die fokus van haar laaste kwalifikasie was op geslagsregisters en benoeming van patrone in die Coreejes-familie oor 'n tydperk van 200 jaar. Petro doen sedert 1992 genealogiese navorsing oor die Coreejes-familie in Suid-Afrika.
Eers nadat sy haar studies voltooi het, het sy by die GSSA betrokke geraak en was sy lidmaatskap van 2003. Sy was een van die voormalige presidente van die GSSA en was jare lank baie aktief met die opname van die grafsteenprojekte.
Petro werk die afgelope 25 jaar aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (CPUT) en is betrokke by spesiale versamelings wat die versamelings van GISA insluit wat in 2018 aan die Biblioteek geskenk is.
Sy is getroud met Sybrand Abraham Brink (* 08/04/1972) en het twee kinders (Kiran * 2007 en Milina * 2008)

 

Co-Opted Member - Peter & Beverley Moss  - Cemetery DVD project managers  - 2021  

Peter Beverley MOSS

Peter was born in the UK in 1943 and came to SA in 1952. In 1957 they moved to Lusaka in Northern Rhodesia (later Zambia), which was the start of the Moss Treks up and down Africa. Peter had attended St John’s College in Johannesburg, now went to Gilbert Rennie School in Lusaka and then Prince Edward in Salisbury. The following big step was 3 years at Leeds University in UK, from where he graduated with a BSc (Hons) in Mechanical Engineering in 1962. He returned to start work on the Zambian copper mines.
Beverley was born in Mufulira on the Zambian Copperbelt in 1952 and attended her primary school years there.  From 1966 to 1969 she attended Arundel Girls School in Salisbury, after which she returned home to the Zambian Copperbelt and started secretarial work on the mines.
Peter and Beverley met on the mine in Chililabombwe, some five kms south of the Congolese border, in 1973. They were married there in 1975, and their sons Stewart (1977) and Adrian (1978) arrived shortly thereafter. They were then transferred to Kitwe in 1981, where Peter was Engineering Manager on the mine until 1984, before undertaking the longest portion of the Moss Trek to date – SA. Peter then continued his career with the mines until his retirement in 2017 – over 50 years working in the industry.
Beverley had started her genealogy even before our inevitable move to SA, undertaken by remote telephone calls from Kitwe to Harare (no cell data in those days) – Peter always did wonder why the bills were so high! Following our arrival in SA in 1984, we made an early trip to the main family farm cemetery at Grootvlei just south of Nylstroom, and of course faithfully recorded the family cemetery inscriptions. We were hooked!