Ontmoet die Familie Coetzee

                                                                                                                                 Potchefstroom Herald 10 Junie 2016

COETZEE/COETSEE.
Op 8 Mei 1679 gooi die Nederlandse skip Asia in tafelbaai anker, en onder die passasiers wat aanland gegaan het was ene Dirk Couché en eggenoot Sarah van der Schulp) – immigrante uit Kampen, Nederland. (Dirk was ‘n seun van Gerard Couché en Margaretha Claasdogteren Sarah ‘n dogter van Jacob van der Schulp en Maria Ellison)
Die egpaar het hulle eers in Kaapstad in die omgewing van Papendorp (die huidige Woodstock) gevestig waar hulle bykans 4 jaar gewoon het. In 1682 verhuis hulle na die plaas Koetsenburg wat hulle van Goewerneur Simon van der Stel ontvang het.
CC de Villiers skryf in 1892 in die “Geslagregisters van Ou Kaapse Families” oor Dirk: “Na 1685 was hy in kerkelyke bediening, eers als diaken en later als ouderling, en na 1687 zat hy in het college van heemraden. In 1706 word hy kapitein van het Stellenbosch infanterie. In 1682 verzocht hy van Commandeur Simon van der Stel en kreeg in iendom zeker stuk land of plaats later genoemd Coetzenburg, gelegen dicht by het dorp Stellenbosch. Ook het hy een stuk bouwland in Jan Jonkershoek, onder den grooten berg, genaamd Assagai Bosch”(Coetzenburg is tans die sportgronde van die Universiteit Stellenbosch).
Dirk was as ondersteuner van Adam Tas en Pieter v.d. Bijl betrokke in die stryd teen Goewerneur W.A van der Stel.
In 1721 neem sy seun Gerrit die plaas en boerdery oor en die (nou) bejaarde egpaar trek weer terug na Papendorp waar Dirk op 25.6.1725 oorlede is.
Kinders:
b1 Jacobus gedoop 16.6.1680 x Stellenbosch 27.11.1724 Elizabeth Glam wed. Cubo of Elizabeth Louisa v.d. Kaap. (Jacobus is vernoem na sy oupa Jacob(us) van der Schulp) - 6 kinders.
b2 Gerrit gedoop 31.1.1682. (vernoem na sy oupa Gerard Couché). Hy is jonk oorlede.
b3 Gerrit gedoop 5.9.1683 x Stellenbosch 7.6.1722 Susanna Loefke xx 22.8.1751 wed. Johanna Van Beulen.
b4 Margaretha gedoop 10.2.1686 x 18.11.1717 Matthys Krugel.
b5 Johannes gedoop 1.2.1688 x Stellenbosch 15.10.1713 Anna Elizabeth Paal (Pal) * c. 1693 d.v. Helmer Pal en Jacoba van Norden. (Jacoba van Norden is na Mauritius verban weens swak gedrag) - 7 kinders.
Johannes se 6e kind Jacobus geb. 1730 was getroud met Maria Margaretha Cloete geb.1736 was nie net 'n veeboer nie, maar ook 'n grootwildjagter en ontdekkingsreisiger na die Noordweste. In 1760 het hy op ‘n tog noordwaarts vertrek om die eerste westerling te word wat die Gariep (Oranjerivier) te bereik en wel by die huidige Goodhouse (afgelei van die Namaqua woord Gu-daos).
b6 Maria gedoop 23.10.1689 x 30.9.1717 Johan Hendrik Stempel Mülder van Nederland xx 25.1.1728 Johannes Keyts van Kamperveen, Nederland xxx 3.7.1729 Pieter Bisseux van Middelburg, Nederland.
b7 Cornelis gedoop 13.2.1692 x Stellenbosch 25.2.1740 Geertruy Gerrits d.v. Caspar Gerrits xx 13.12.1750 Aletta Lubbe gedoop te 24.6.1731 d.v. Hendrik Lubbe en Catharina van Wyk. (3 kinders)
b8 Dirk gedoop 28.10.1694 – geen verdere inligting oor hom bekend nie.
b9 Sara gedoop 28.10.1694 x 7.12.1710 Matthys Greeff xx Jan Jurgens Roos van Duitsland.
b10 Judith gedoop te 3.1.1700.

Hoewel die Coetzee's een van die getalrykste families in SA is, is hoofsaaklik b1 Jacobus en b5 Johannes se nageslag daarvoor verantwoordelik, dit is egter opmerklik dat buitengewoon groot gesinne nie bydraend daartoe was nie.
Die Coetzee's het ook mettertyd soos hulle tydgenote oos- en noordwaarts uitgewyk, veral na die Noord-Ooskaap (Burgersdorp omgewing) en Zeerust in die Marico.
Zeerust is deur gestig deur Casper Hendrik Coetzee en sy neef Diederick wat die plaas se ligging as veiligheids-en handelsentrum besef het.
Die eerste skoot van die Anglo-Boereoorlog is deur Veldk. JC Coetzee op 12 Okt om 22h45 by Kraaipan naby Lichtenburg geskiet.
(Bron: Coetzee NA: Die Stamouers Coetzee en nageslagte – 300 jr in SA]

  • Hits: 9412