Op die spoor van die Meyer's

Ongeveer 40 jaar na die aankoms van Jan van Riebeeck kom die MEYER familie in die Kaap aan, en daarmee begin ‘n lang en ingeweefde geskiedenis van die vestiging van die Meyers in die Hartenbosch/Mos- selbaai omgewing. .Dit word n lang en ingewikkelde storie, maar daarvoor sal u die boek – bo genoem-moet lees. Die Duitse stamvader-Gerrit Hendrik Meyer, die eerste vader en stigter van die familie, arriveer gedurende 1689 via Amsterdam in die Kaap en werk in diens van die VOC. Hy bekwaam homself in boerdery, en neem na 3 jr in 1692 sy ontslag as vryburger en vestig hom te Franschhoek,‘n bekende Hugenotegemeenskap. Hy het waarskynlik al lankal n oog op die jonge 18 jarige Susanne Costeux gehad en laat nie op hom wag na sy ontslag en trou gedurende 1693 met haar.

Susanne se geskiedenis gaan terug tot in Frankryk waar sy op 18.12.1675 in die dorpie Mack in die Calais gebore is. Haar ouers sterf tydens die opstande na die herroeping van die Edik van Nantes en sy en twee kleiner boeties word deur ene Nicolaus Cleef en sy eggenoot Barbara le Févre aangeneem om uiteindelik op die plaas Groszsalze naby Stellenbosch te vestig.

Die eerste egpaar Meyer,d.i. Gerrit en Susanne word met vyf kinders geseën, waaruit twee dogters en drie seuns gebore word. Hendrik die eerste seun sterf op n vroeë ouderdom, terwyl sy broer,Jan Abraham hom op Drakenstein vestig. Esaias Engelbert was die derde seun, gebore op 30 Nov.1699 en trou met Maria De Bruin op 33 jarige ouderdom. Maria was n kleindogter van Nicolaus en Barbara Cleef.
Mens kan jou voorstel dat hierdie nuwe setlaars die onbekende wil betree, en so was dit ook. Die eerste leengrond en grondbriewe daarvoor is sedert 1729 in die Mosselbaai-omgewing uitgereik. Esias se suster, Elsabe en haar man Hendrik Gildenhuysen het aan Attekwaskloof se kant van Mosselbaai geboer, en tydens besoeke aan sy suster het die potensiaal van dié mooi deel van die wêreld hom opgeval - met volop weiveld – hier kan ‘n mens boer!

Esaias kry sy huurplaas gedurende 1733 van die VOC, laai Maria en hul aardse besittings op ‘n paar waens en trek na die Mosselbaai omgewing. Hy moet n huis bou, sy vee laat wei en vele meer dinge doen om te bestaan. Gelukkig woon hy nie te vér van die verversingspos Aliwal Suid (Mosselbaai) nie, (sowat 7 Km) en was sy plaas geleë regs langs die Geelbeksrivier (Hartenboschrivier) op die hoofroete na die binneland ,wat bekend was as “ De Wagen Weg “.  Die plaas se naam was Hartenbos gedoop, wat vermoedelik afgelei is van die baie bosbokke (herte) wat in die beboste gebied langs die rivier voorgekom het- van daar “Hert in de bos” (Hartenbosch)

Eendag gedurende Junie 1734 sien hy ‘n groterige seilskip in die baai, wat duidelik in die moeilikheid was met gebreekte maste. Hy en twee mans haas hulle na die strand waar hul ‘n skoot in die lug afvuur ter teenwoordigheid aan bemanning. ‘n Uitgeputte gehawende man kom stadig met ‘n roeibootjie nader. Kortliks – dis die ‘t Huis te Marquette, ‘n Hollandse skip wat speserye om die kus neem. 44 Seemanne en kaptein is ter see oorlede. Esais sorg vir hulp, kos, water en behandel siekes. Hierna volg 2 reise na Kaap vir hulp te perd. Hy word vir sy onbaatsugtige optrede in September 1734 beloon met eienaarskap van sy lenings plaas wat aan hom toegeken word deur Gwnr. Jan de la Fontaine.

Artikel saamgestel deur Chris Meyer: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.)

  • Hits: 9847