Die Hattingh's

ONTMOET DIE HATTINGH'S 

Potchefstroom Herald dd 30.1.2014

Die Stamvader van die Hatting familie is Hans Heinrich Hattingh is geb.ongeveer 1662, arriveer voor 1693 in die Kaap en is oorlede voor 27.4.1729. Sover vasgestel kan word is hy afkomstig van Speyere in Duitsland.
Hans het die plase Hadersleben en die bekende Spier naby Stellenbosch bekom. Algemeen is geglo dat hy Spier na Speyere, sy dorp van herkoms, vernoem het maar dit is egter die tipe verdigsel wat later as die waarheid oorgedra word want die plaas is reeds in 1692 aan ene Arnaud Jansz toegeken wat sedert 1683 daar woonagtig was, en sy naam verskyn op die oorspronklike akte van die plaas.Op 19.1.1698 tree Hans in die huwelik met Marie de Lanoy van Frankryk, die weduwee van Ary Lecrévent (Lekkerwyn). Uit die eerste huwelik is drie kinders gebore.
1.(Johannes) Jacobus ged. te Drakenstein 3.5.1699 (Die doopinskrywing is in Frans aangesien sy moeder van Franse oorsprong is en lui as volg “Le 3 May Lannée 1699 – Jacobus fils die hance handris et de marie Lanoy pour temoins jean Durand, et Marie lefeue”), sy was getroud met Anna (Johanna?) Catharina Fouché.
2.Margaretha ged. te Stellenbosch 14.11.1700 +8.4.1779. Sy trou op 11.4.1717 met Johannes Groenewald 3.Jacob geb. Stellenbosch 1702. Na die afsterwe van Marie in 1704 is Hans vanaf 1709 in 'n saamwoonverhouding met Susanna Visser, 'n dogter van Maria van Negapatnam van Indie en Jan Coenraad Visser van Nederland. Hulle trou later te Stellenbosch op 6.11.1716.
3.Uit Hans se saamwoon verhouding en latere huwelik met Susanna Visser  is nog 10 kinders gebore te wete:
4.Marij ged. Kaapstad 27.10.1709 (haar testament gedateer 17.4.1782 bevat haar handtekening - sy kon dus skryf!).
5.Magriet ged. Kaapstad 9.8.1711.
6.Catharina ged. Stellenbosch 27.4.1713.
7.Johannes ged.Stellenbosch 27.5.1714.
8.Christiaan ged. te Stellenbosch 5.6.1718 + Swartland 25.9.1786 x 8.10.1747 Anna Catharina Basson ged.1732. Hy is die eerste kind van Hans en Susanna na hulle wettige huwelik en ook die eerste wat 'n nageslag nagelaat het. Sy naam is waarskynlik ontleen aan een van die doopgetuie Christiaan Rasp.
9. Johannes Hendrik ged. te Stellenbosch 28.4.1720. 10. Johannes Michiel ged. te Stellenbosch 24.5.1722 en waarskynlik klein oorlede.
11.Johannes Michiel ged. te Stellenbosch 12.9.1723 trou 27.3.1768 met Catharina Horn geb. 2.8.1751.- Die egpaar is naas Christiaan en Anna Catharina die enigste ander egpaar om die Hattingh naam voort te dra en het 5 kinders nagelaat.
12. Susanna is ged. te Stellenbosch op 17.3.1726 en trou 8.8.1761 met Wilhelm Esterhuyzen ged. 16.7.1731. (Die egpaar het net een dogter gehad).
13. Catharina ged. te Stellenbosch 27.3.1728 en sy trou 9.8.1751 met Paulus Fouché ged. 14.10.1731. Vir die egpaar is 6 kinders gebore.
Een van Christiaan geb.1718 se kleinseuns, Johannes Dewald geb.1793 met twee van sy seuns  Francois Marthinus geb.1814 en Johannes Dewald geb.1825 het  aan die Groot Trek deelgeneem. Johannes Dewald se broer Johannes Michiel geb.1723 se nageslag het nie agtergebly nie terwyl sy seun Christiaan geb.1776 asook 8 van Johannes Michiel se kleinseuns (kinders van sy oudste seun Johannes Hendrik geb.1769 oorl.1835) ook die Groot Trek meegemaak het. Hulle nageslag het oor die Vrystaat en Transvaal versprei.
In die Anglo-Boereoorlog was daar minstens drie Hattingh offisiere . Genl. Frederik Johannes Willem Jacobus Hattingh het na die oorlog tot die politiek in die Vrystaat toegetree en is later tot senator verkies.

Vroeer was groot gesinne nie buitengewoon nie, en Pieter Willem Hatting geb 1850 getroud met Rachel Jacoba Smit en toe met Martha Sophia Herselman, se 18 kinders is moontlik die Hattingh met die grootste gesin.

[Bron: Hattingh W.H.J. Die Hattingh-familie in Suid-Afrika. Hattingh. 1996 (2de uitgawe met indeks tot name. Oorspronklik geplaas in die Potchefstroom Herald dd 30.1.2014)

  • Hits: 9404