Hoekom 'n lid word?

Jy mag vra: "hoe kan julle my help?"  of "wat is daarin vir my?" of "wat kry ek in ruil vir my ledegeld?“ - met ander woorde, wat is van die unieke voordele wat die GGSA vir sy lede bied.
Eerste dinge eerste: Ons doen nie navorsing vir mense nie. Ons help jou om jou eie navorsing te doen.
So, wat doen ons dan?
  • Wel, in die eerste plek stel lidmaatskap van die tak jou bloot aan al ons lede se kollektiewe kennis, wat oor jare opgebou is. Sou jy dus aansluit, kry jy toegang tot daardie kennis, en kan jy begin vrae vra op die besprekingsgroepe. Vir hierdie doel het ons 'n dokument waarin al ons lede se belangstellingsprofiele aangeteken is, so dat jy presies kan weet vir wie jy oor watter familienaam (van) om hulp kan vra.
  • Tweedens gee lidmaatskap van 'n tak van die GGSA jou toegang tot die breër GGSA-gemeenskap - soos byvoorbeeld die eGGSA tak, wat aanlynbronne het wat jy eintlik nou al kan gebruik, maar ook tot die GGSA opsigself, van wie jy teen afslagprys geslagsregisters en ander relevante produkte goedkoper as die nie-lede kan aankoop.
  • Derdens is daar tak-spesifieke aanbiedings - siende dat takke hulself organiseer, verskil hulle aanbiedings:
    • By Noord-Transvaaltak, byvoorbeeld, stel ons ook 'n unieke handleiding tot jou beskikking. As jy ‘n aspirant-genealoog is, kan ons vir jou ‘n “buddy” reël om jou touwys te maak en ‘n mentorskap-program. Sou jy, as ‘n meer ervare genealoog, belangstel; gratis toegang tot 'n betaalde kommersiële aanlyn-databasis; 'n maandelikse nuusbrief; en natuurlik 'n staande uitnodiging tot ons maandelikse spreker. (Dit word sedert die begin van die grendeltyd op Zoom gedoen, en ook opgeneem word vir lede om later na te kyk). Verder bied ons ook van tyd tot tyd uitstappies aan; en afhangende van die behoefte, opleidingsgeleenthede, waar lede touwys gemaak word in die gebruik van sagteware, databasisse, en dies meer.