Twee volle dae word in die Vrystaatse Nasionale Argief deurgebring, en Woensdag is ons gaste van die Boereoorlogmuseum (Anglo-Boere-oorlogmuseum, ABO). Maar dit is nie net 'n gewone museumbesoek nie. Siende dat die deelnemers reeds die verwysings na ‘n groot hoeveelheid beskikbare inligting bestudeer het, is hulle bestellings oor persone, gebeure, gevangenes, sterftes, ens. reeds deur die museum voorberei. Groot is die verrassing om daar te kom en die netjiese individuele stapels te vind met dokumente, foto's, kaarte en lyste. Persoonlike onderhoude word gereël met die goed toegeruste en kundige personeellede.
Die vierde dag bied 'n besoek aan die konsentrasiekamp-begraafplaas of aan die nasionale biblioteek voordat die minibusreis terug na Gauteng begin.