NTvl-Stories

Sometimes one gets more than Expected

 The Grave was found - Sam Basch

 Graf 1In the search for the grave of my grandfather Samuel (Sampie)Jacobus BASCH (1868-1934), after whom I am called, we criss-crossed the farm Vanwyksvlei near Carolina in Mpumalanga numerous times.  According to my vague memories of 40 years ago there were several graves in the family cemetery with grandfather Sampie's at the top end next to a child that died an early death from the marriage to my grandmother Wilhelmina Alida van Wijk (1885-1961).
Last year we were there again and searched nearby dilapidated ruins of an old house and stone kraal and a dried out lane of fruit trees - without success.
My wife insisted that we make enquiries at a fairly new homestead close to the road. The owner left for town but his workers indicated to us a farm road around the back of the barn.

Lees verder

  • Hits: 9261

Soms kry jy meer as verwag

Die Graf is Opgespoor - Sam Basch

Graf 1

In die soektog na die graf van my oupa Samuel (Sampie) Jacobus BASCH (1868-1934) na wie ek heet, het ons al die plaas Vanwyksvlei nabyCarolina in Mpumalanga platgery.  Volgens my vae herinneringe van 40 jaar tevore was daar verskeie grafte in die familiekerkhof, met syne aan die bo-ent direk langs ‘n vroeggestorwe kind uit sy huwelik met ouma Alida Wilhelmina VAN WYK (1885-1961).
Verlede jaar is ons weer daar en soek naby vervalle murasies van ‘n ou plaaswoning en klipkraal en ‘n verdorre vrugtelaning - sonder sukses.
My vrou dring aan ons vra by die nuwerige opstal vlak teen die hoofpad.  Die eienaar is dorp toe, maar sy werkers beduie na ‘n paadjie agterom die skuur.
Die kerkhof is besonder goed onderhou, sien ons.  Ek begin foto's neem, en dan tref dit my terwyl ek ‘n wit kopstuk op ‘n dubbelgraf bekyk:  “Hier rust Arie Willem VAN WYK en Carolina Wilhelmina VAN WYK geb. BESTER”.  Dis ouma Alida Wilhelmina se ouers - my eie oor-grootouers!  En digby:  Johanna Maria VAN WYK geb. KRAAY, 17 Nov 1810 - in lewe Arie Willem se moeder - derhalwe my oor-oorgrootjie.  (Volgens SAG Graf 2is sy op 10 Des. 1809 gebore).
Terug in Pretoria verwerk ek die foto's.   In die agterste ry sien ek die grafsteen van Johannes Burgers Jacobus ERASMUS, oorlede 1979. Langs dié is enkele ongemerktes.  Waarom klink die naam bekend?  Dan onthou ek:  hy het Vanwyksvlei in 1935 uit oupa Sampie se boedel gekoop.  

Opeens tref dit my:  die ongemerkte grafte is inderdaad dié van oupa Samuel Jacobus BASCH en sy 3-jarige dogtertjie, Elsje Margaretha (Ellatjie, oorlede 1924).

Ons het gekry waarna ons op soek was.

Maar weer blaai ek deur die foto-argief op my rekenaar.  Van die ander ou plaasgrafte wat ek vroeër naby Carolina gefotografeer het, is een van ‘n ruwe handgekapte kopstuk wat lees:  “A J van Wyk overleden 30 January 1863 den ouderdom 30 jaar 8 dagen Vermoord”. Die jong slagoffer van gewetenlose veediewe was Johanna Maria KRAAY se seun, en broer van Arie Willem.  En langs hom lê ook ‘n suster Rachel Jacoba - én hul vader, Henning Jacobus VAN WYK (1802-1875), eggenoot van Johanna Maria:  my oor-oor-grootouers!

  • Hits: 3687