Maak ‘n begin - Stuur my stamboom

Ons kry dikwels die verskoek "Stuur asseblief vir my my stamboom". Dit sou wonderlik wees as dit so maklik was. Die GGSA kan jou egter nie help met 'kant-en-klaar-stambome' nie - omdat daar nie so iets bestaan ​​nie. Ons kan jou slegs help om jou eie stamboom te ontdek.
Pasop, die internet wemel van stambome, wat dikwels beswaarlik meer is as mense met soortgelyke vanne wat lukraak verbind is. Sonder behoorlike navorsing, bewyse of verwysings en betroubare bronne, het hierdie bome dikwels min substansie of relevansie. Genealogie is 'n bietjie soos rigting - as jy uit die staanspoor net effe van koers as is, sal jy verder vorentoe op heeltemal die verkeerde plek wees. Net so, as jy met een voorsaat fouteer, mag heelwat van jou ander data ook nie strook nie.
Die beste advies wat ons kan bied, is: as jy regtig belangstel, raak betrokke, bestee jou tyd daaraan om te verseker dat jy ’n stamboom van goeie gehalte ontwikkel en geniet die ervaring - die reis sal beslis die moeite werd wees!