English (United Kingdom)

Hugh Oloff de Wet

Ter verduideliking moet gemeld word dat die De Wet familie uit twee vertakkings bestaan – Die eerste het voortgespruit uit ‘n verhouding van ons stamvader Jacobus en Josina Pretorius, waaruit die grootste gros De Wets afstam.  Die tweede vertakking is die gevolg van die huwelik van genoemde Jacobus en Christina Bergh, die dogter van Oloff Bergh en Anna de Koning. Die naam Oloff het sy afkoms in die familie-opset verraai en hy kon dus net van die Bergh huwelik afstam.  Dit het my soektog vergemaklik. Uit die koerantartikel genoem blyk dit dat hy ‘n veelsydige man was – ‘n skrywer, ‘n vlieënier, ‘n skilder, ‘n beeldhouer en avonturier.  (Die boeke wat hy geskryf het was “Cardboard Crucifix” – sy ondervindinge as ‘n vegter vlieënier gedurende die Spaanse Burgeroorlog, en “The Valley of Shadow” – sy beproewinge as Franse spioen in Duitse tronke gedurende die Tweede Wêreldoorlog.) Deur die Universiteit van Stellenbosch vind ek toe uit waar ek van die boeke te sien kan kry nl. by die destydse RAU en die Stadsbiblioteek Boksburg.  Albei boeke het ek dan ook onder oë gekry, maar daaruit kon nie enige inligting van die skrywer se afkoms verkry word nie. Op 10 November 1991 verskyn daar ‘n artikel in die Johannesburg “Sunday Times” onder die opdkrif  “Mystery of Spy Caught in Germany”.  Hierin word verwys na die memoirs van ene mnr Donald Sole wie gedurende die Wêreldoorlog as ‘n Junior Diplomaat in die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris se kantoor in Londen werksaam was.  Hy het op ‘n stadium ‘n oproep van die Amerikaanse Ambassade in Londen ontvang dat hulle eweknie in Berlyn (die V.S.A. was toe nog neutraal) hulle laat weet het dat ‘n sekere Justus de Wet deur die Duitsers as Franse Spioen gevange geneem is en dat hy ter dood veroordeel is. Mnr Sole was nie bewus van so ‘n persoon, maar hy besluit om te probeer om sy lewe te red deur te beweer dat die persoon familie is van die bekende Generaal Christiaan de Wet en dat as hy tereggestel sou word, dit die pro-Duitse Afrikaners sou vervreem.  Sy kans wat hy vat slaag dan ook en die veroordeelde se vonnis word versag tot lewenslange gevangenis. Daar is persoonlik met mnr Sole in die Kaap in aanraking gekom en hom uitgevra of hy seker is van die naam Justus.  Hy het erken dat hy moontlik verkeerd kon wees aangesien hy sy memoirs ‘n hele ruk na die gebeure geskryf het. Ek het toe met erns begin navraag doen – skryf aan die aanbieder van “So Het Dit Gebeur” van die SAUK of hy nie oor die lug kan navraag doen oor die persoon.  Daar was geen reaksie hierop.  Op die ingewing van die oomblik bel ek die Britse Ambassade in Pretoria of hulle my kan help oor inligting van Britse skrywers.  Hulle gee my toe die adres van “The Writers Guild of Great Britain”; die Gilde kon my nie help nie, maar verwys my na die “Society of Authors”.  By hulle loop ek ook ‘n bloutjie. Ek skryf daarna aan die “Times” van Londen of hulle my kan help deur my brief te plaas waarin inligting van sy lesers gevra word i.v.m. Hugh Oloff.  Die versoek was ook onsuksesvol.  Hulle stel voor ek plaas ‘n advertensie in die koerant.  Die koste daaraan verbonde het dit vir my onaanvaarbaar gemaak. Daar word toe voorgestel dat ek aan die “Book Trust”  te Londen skryf.  Hulle was baie behulpsaam en stel voor ek kom in aanraking met die “National Portrait Gallery”, Londen.  Hulle verwys my na “The Royal Society of British Sculptors”.  Hulle stuur my fotoafdrukke van sy beeldhouwerk, asook sy geboorte- en sterfdatums. Na al die korrespondensie was ek nog niks nader aan die “Skim” se afkoms. Iemand stel toe voor dat ek sy doodsertifikaat aanvra aangesien sy presiese geboorte- en sterfdatums bekend is.  Ek skryf toe aan die “General Register Office”, Birkdale Southport, Engeland, te saam met ‘n tjek van £15 (R75 – vandag R200).  Die sertifikaat kry ek dan sonder moeite, maar nee – daar is geen inligting van ouers en ander familielede, buiten sy suster wie sy sterfte aangemeld het – Emily Eugenie de Wet. Dit skyn dat ek in ‘n doodloopstraat beland het. Intussen het ek my lot bekla by ‘n klein-neef met familie wat periodiek die VK besoek.  Die kleinniggie en wederhelf besoek toe in 1994 Londen en besluit om deur die telefoongids te gaan en al die De Wets daarin te bel – moontlik kan hulle inligting gee.  En daar gebeur die wonder, die tweede of derde persoon wat hulle bel is die suster wat Hugh Oloff se dood aangemeld het.  Sy was ‘n 90 jarige, by haar volle positiewe, wat elke dag voltyds werk, net baie doof. Hulle besoek haar in haar woonstel en ontmoet haar dogter en kry sommer al die inligting om hulle verwantskap met die Suid-Afrikaanse familie te bevestig, deur fotos en dokumente.  Al hierdie inligting is in my boek “Familie De Wet – 300 Jaar” opgeneem (8743 -  8753 – a1b6c0d4e8 – f1, f2,f3, f3g1, g2, g3 [h1] g4, g5, f4).  Hugh Oloff se biografie (3.20) is grootliks gebaseer op sy voorheen vermelde boek. Ongelukkig is Emily Eugenie, wat so betyds al die inligting aan my gegee het kort daarna in ‘n ongeluk oorlede.  Sy het na al die jare haar “Roots” in Suid-Afrika gekoester en na sy geskei is, weer haar nooiensvan aangeneem, en sy skryf  “I felt that I returned home when I signed De Wet again”.

  • Hits: 7069

Kontak die Webbladbestuurder

Terugvoer, voorstelle en regstellings word verwelkom.
Kontak asb die Webbladbestuurder

Visitors to this web site

Today70
Yesterday687
This week757
This month11631

Visitor Info

  • IP: 35.171.146.16
  • Browser: Unknown
  • Browser Version:
  • Operating System: Unknown

Who Is Online

7
Online

Dinsdag, 17 September 2019 03:09