Ontmoet die Familie Gous/Gauch

Die stamvader van die GOUS familie in Suid-Arika is ene André GAUCH wat in Le Pont-de-Montvert, Lanquedoc, Frankryk gebore is (datum onbekend). Op 13.1.1683 trou hy in Celigny (naby Geneve, Switzerland), met Jacqueline DECRE en uit die huwelik is 2 kinders gebore, Etienne *ca 1684 en Marie *Amsterdam 1690. Weens die vervolging van die Protestante vlug hy (voor die herroeping van die Edik van Nantes op 23.10.1685) na Amsterdam waar sy eggenoot oorlede is. In 1691 vertrek hy en sy twee kinders met die skip “Spierdijk” na die Kaap. Tydens die reis is sy dogter Marie oorlede. (Volgens ‘n ander bron is sy eggenoot ook tydens die reis oorlede).

In die Kaap aangekom gaan vestig hy in Drakenstein naby die huidige Simondium as grofsmit en boer en op 19.8.1691 trou hy met die 15-jarige Jeanne De CLERCQ *1675 +1770 (dv Pieter de CLERCQ en Sara COCHET). Vier kinders is gebore voordat André in Augustus 1698 in vreemde omstandighede sterf. Sy liggaam is gevind in die veld waar hy sy vee inspekteer het. Volgens onbevestigde gerugte is hy vermoor deur ene Pieter Bekker, met wie sy jong vrou na bewering ‘n buite-egtelike verhouding gehad het. Op die stadium was sy jongste skaars ‘n maand oud en hy laat sy jong weduwee met ‘n stiefseun en 4 eie kinders na – die oudste skaars 6 jaar oud.
Kort na sy moord tree Jeanne in 1698 in die huwelik met Pieter BEKKER, die beweerde moordenaar van haar eggenoot en hulle eerste kind Gideon word in 1698 gebore.

Die naam van sy plaas is nie bekend aangesien hy vermoor is voordat hy die titelakte ontvang het. Gous was een van die min Franse vlugteling wie nie finansieële bystand of vee van die Kompanjie ontvang het nie, omdat hy nie deel van die hoofgroep Hugenote was nie. In 1694 het Ds. Simmond in sy persoonlike hoedangheid ‘n lening aan hom toegestaan. Uit sy boedeldokumente blyk dit dat hy ‘n moeilike bestaan gehad het. Die plaas was nie geskik vir saaiboerdery nie, sy gereedskap was oud, hy het drie perde en een slaaf besit en sy skuld aan die kompanjie en andere was ongeveer 1800 Riksdaalders. Aan die ander kant het hy probleme gehad om gelde wat aan hom verskuldig was in te vorder.

Sy kinders uit die twee huwelike was:

b1 Etienne *Switzerland 1684 was ‘n boer op die plaas "Elandsvalleij" aan De Swartberg x Kaapstad 27.2.1718 Catharina BO(C)K *ongeveer 1705 =Kaapstad 1.1.1713. Sy was ‘n gebore slavin wat in 1709 vrygestel is en was ‘n d.v. Christian Bock van Wolfenbuttel, Duitsland en Anna Groothenning van Bengale.
[Etienne se jongste seun Andries Stephanus *1740 was getroud met Maria Hendrina Mulder en hulle word die pleegouers van Andries Carel Eduard Alexander FACULYN wie in Frankryk gebore is maar wees agtergelaat word toe sy ouers beide op die seereis na die Kaap sterf. [Andries Carel Eduard Alexander trou later met Alida Jacoba Mosterd en hulle oorlewende seuns se nageslag word mettertyd in die GOUS stamboom opgeneem].
b2 Marie *Amsterdam 1690 - as kind oorlede.
b3 Pieter *ca 1693, boer "De Doorne rivier", aan de Brakkefontein, Land van Waveren x Stellenbosch 4.5.1721 Johanna (Anna) OOSTHUIZEN = Paarl 29.11.1705 +1745 (d.v. Johannes Oosthuysen en Johanna Maartens).
b4 Sara * c. 1694 †Des 1722 x Christiaan GOBRECHT * c. 1686 soldaat van Maagdeburg, Duitsland.
b5 Jeanne gedoop Drakenstein 25.9.1695. Ongetroud oorlede.
b6 Andries geb. 1698, boer oorl Junie 1735 x Paarl 14.5.1719 Johanna CONTERMAN d.v. Jan
Jacob Conterman en Catherina Cleeff.

[Info supplied by Richard Ball: Juna Malherbe (in Jannetje de Clerc, Huguenot Society of South Africa Bulletin 35, 1998), writes that there was also a child named Gideon Bekker born 1698. She questions the date, which from the evidence of the Joernaal-boek der Caapse Weesen 1698 would appear to be impossible, but she accepts the existence of the child itself, but she presents no evidence. I have found none].

BRONNE:
BALL Richard Ball: Korrespondensie.
HEESE J.A. Suid-Afrikaanse Geslagsregisters Deel 2 D-G. RGN 1989 ISBN 0 7969 0752 8.
Besoek die Genealogiese Genootskap van SA se webwerf www.genza.org.za)

  • Hits: 6749