GGSA Google Earth Begraafplaas Inisiatief

Hoe akkuraat is die inligting en hoe dikwels word dit bygewerk?

Crystal_Clear_app_calcAlle pogings word aangewend om te verseker dat die inligting so korrek as moontlik is, maar onjuisthede kom wel voor, hoofsaaklik om die volgende redes
Liggings wat van 1:50000 kaarte verkry word het die dubbele nadeel dat dit geskaal en van 'n papierkaart afgelees word, maar verder ook dat die ko-ordinate uit die ou Kaapse Stelsel kom en nie van die wereldwye WGS84 stelsel wat deur Google Earth en GPS ontvangers gebruik word nie. Soos die tyd ons toelaat, word hierdie ko-ordinate reggestel.
Gebruik van onjuiste GPS-gegewens deur optekenaars.
Die moontlikheid van onjuisthede gedurende die bepaling van die ko-ordinate en dataverwerking stadia.
Sommige gebiede van die Google Earth kaarte is “vaag”, sodoende kan akkurate begraafplaasliggings nie verkry word nie en word benaderings gebruik.
Sover moontlik teken ons die akkuraatheidsvlak van die ko-ordinate aan en word aangetoonde liggings geoudit vir korrektheid.
Data word aan die einde van elke maand bygewerk. Wees dus op die uitkyk vir nuwe hersienings.
  • Hits: 3269