Hoe om die GSSA Begraafplase op Google Earth te bekyk

View of BarbertonHoe om toegang tot die GGSA Begraafplaas Inisiatief te verkry deur Google Earth te gebruik:
U benodig 'n moderne rekenaarstelsel met "broarband" internet toegang of soortgelyke fasiliteit
Laai die Gratis Google Earth programmatuur af vanaf http://earth.google.com/
Klik op die leer GSSA Google Earth Files (191.09 kB) om die GGSA begraafplase op Google Earth te sien.
Wat sal die kaart vertoon?
Die GSSA Google Earth Kaart open met 'n ho vlak aansig van Suidelike Afrika met 'n GGSA-ikoon om die ligging van alle GGSA begraafplase aan te dui. Die standaard eienskappe van Google Earth kan gebruik word om in of uit se zoem, die beeld te roteer of na verskeie Plekmerke of ko-rdinate te “Vlieg”. Plekke van belang soos op die verstek kaart van Google Earth aangetoon, kan ook met navigasie help.

Vir meer inligting hoe om Google Earth te gebruik, verwys asb na die Google Earth Dokumentasie.

Oorsig van Suid-Afrikaanse begraafplase op Google Earth

Begraafplaasnaam
Langs die standaard GGSA Wapen sal die Begraafplaasnaam verskyn.
Deur in te zoem in die algemene area van belang sal die ikone uit mekaar gaan en die Begraafplaasnaam sal ook verskyn. Indien daar meer as een begraafplaas op 'n spesifieke plaas is, sal die onderskeidende syfers 1, 2, ens ook verskyn.

Zoem oorsig

Kleurkodes van die Begraafplaasname
Die kleurkodes wat vir die Begraafplaasname gebruik word, is soos volg:
Verwerk en Gepubliseer op DVD en Foto Album:
Helder Blou
Verwerk en Gepubliseer slegs op DVD:
Helder Groen
Gepubliseer slegs op Foto Album:
Geel-groen
Nog nie verwerk nie:
Wit
Die Opwip VensterOpwipvenster
Deur op die GGSA ikoon te klik sal 'n opwip venster met die volgende inligting verskyn:
Begraafplaas titelinligting: (Plaasnaam, Ligging, Magistraatsdistrik, Provinsie, Land)
Aantekeningstatus (wissel van “Gepubliseer op DVD & Foto” tot "Nog nie verwerk nie"
Aantal name in Begraafplaas (op DVD)
Militere belang merker
Web-skakel na die Foto Album wat deur die eGSSA bestuur word (indien foto's van hierdie begraafplaas beskikbaar is)
Hoe vind ek 'n Begraafplaas waarin ek belangstel?    
Lys LandeEienskappe tans beskikbaar:
Die standaard pleklys word op die Google Earth bladsy vertoon onder die "Places" sybalk. Dit toon die GGSA begraafplase volgens Land en Provinsie en kan vir name van belang deursoek word. 'n Onderafdeling verskaf meer besonderhede omtrent die begraafplaas se ligging. 'n Enkele klik laai 'n opwip kassie met die nodige inligting.
Vir verdere hulp met begraafplaasname en -status, verwys asb na die Excel leers op die Begraafplaasprojek se Hoofblad. Hierdie leers word maandeliks bygewerk.   
  • Hits: 5085