Die nageslag van Peter BEKKER is die grootste enkele BEKKER/BECKER familie in Suid-Afrika.Peter BECKER/BEKKER * c. 1673 Robben Eiland 26/08/1745 arriveer aan die Kaap op 16 April 1695 as soldaat in diens van die VOC aan boord die fluitskip Voetboog. Hy is die seun van Johannis Bekker 1645. Hy was van Königsberg, Duitsland afkomstig. 18 Mei 1697 [op ouderdom 24] is Pieter 'n Vryburger te Drakenstein [Paarl]. x Johanna DE CLERCQ/DE KLERK ? Serooskerke (ook genoem Straatkerke) op Walcheren, 'n eiland in Seeland, Nederland 03/05/1676 (wed. v. Andries GOUS) dv Pieter DECLERCQ en Sara COCHET voor 08/08/1757 Benewens die stamvader is daar alreeds 12 ander BEKKER stamvaders vasgestel. Omdat die spelling wysig van BECKER en BEKKER is al twee ingesluit in die stamregister.Daar is 56 BECKER stamvaders aangeteken.Johan Pottas : slegs foute in die register kan gewaarborg word...., alles wat reg is moet beskou word as 'n bonus en 'n dankie aan al die mense wat mildelik bygedra het sedert 2010. Dit sal waardeer word as enige dupliserings/ wysigings/regstellings ens onder ons aandag gebring kan word. anntiran@polka.co.za