Die van Schalkwyks van Suid-AfrikaHierdie register bevat die inligting wat ek die afgelope twee dekades oor die familie Van Schalkwyk en verwante families in Suid-Afrika versamel het. Benewens bronne soos gepubliseerde genealogieë en primêre bronne soos kerkregisters en boedeldokumente, was ek afhanklik van inligting wat, op aanvraag of spontaan, deur Van Schalkwyks en aangetroudes aan my verskaf is. Sonder hulle bydraes sou hierdie geslagregister nog baie meer onvolledig gewees het. Detail vir: Die van Schalkwyks van Suid-AfrikaHierdie lys bevat ongeveer 5 200 van die nageslag van die stamvader, Theunis Dirkse, waarvan ongeveer 3 500 Van Schalkwyks is. Saam met die aangetroudes en skoonouers is daar ongeveer 9 200 name in die lys. Dit is nie naastenby volledig is nie – met uitsondering van die nageslag van b2c1d7e6 Dirk Jacobus van Schalkwyk (1787 - 1861) wat redelik goed gedek is tot ongeveer die jaar 2000.Dit is ‘n uitbreiding van die Van Schalkwyk-genealogie wat opgeneem is in Deel 10 (2004) van “Suid-Afrikaanse Genealogieë†van die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.Die samesteller sal enige verdere bydrae wat hierdie versameling kan aanvul of regstel baie waardeer. Sy e-posadres is ogmalan@gmail.com
In die Middel-Bossiesveld, Robertson se wêreld, woon daar op die plaas Wansbek# in die Agterkliphoogte aan die Poesjenelsrivier al geslagtelank die familie Erasmus. Hulle voorvader is twee honderd jaar gelede in die vallei gebore. In 1838, tien jaar ná sy dood, word die plaas De Fontein geregistreer vir Rasmus Daniel Erasmus. Dit was dus Rasmus Daniel, en sy vrou Sophia Maria de Kock, van De Fontein wat die Erasmusse in die Agterkliphoogte ‘geplant’ het. Volgens oorlewering het hulle kort ná die begin van die 19e eeu ‘uit die rigting van Botrivier oor die berg getrek’ en hulle op De Fontein, taamlik hoogop in die vallei, gevestig
Het u geweet.........? Al die Duvenage, Duvenhage en ander spelvorms van die van in Suid-Afrika is direkte familie van mekaar! Daar was net een stamvader, Abraham Duvinage, wat in 1765 in Cabo De Goede Hoop (Kaapstad) aangekom het. Abraham het as soldaat aan wal gestap en later 'n bakker en boer geword. Almal van ons wat 'n Duvenage. Duvenhage of du Venage vader of moeder het, is die nageslag van Abraham se twee seuns.Ek deel dit graag met almal, en vra net dat almal wat dit aflaai "vrywillig" al hulle Duvenage /Duvenhage inligting aan my sal stuur. E-pos: pieterdu@penta-net.co.za
Isaac Wirtz (Jacques) was die jongste kind van Isaac en Hendrika Tryntje Martina Wirtz-Palli van Rotterdam. Isaac (Junior) het Holland verlaat en hom vir etlike jare in Paramaribo in Suriname gevestig. Op 24 Mei 1954 het die gesin aan boord van die SS Jagersfontein in Kaapstad aangekom. Die gesin het hulle op Saldanha gevestig waar Isaac (Jacques) vir baie jare bestuurder van ‘n groot visfabriek was. Op 23 Junie 1965 het die gesin Suid-Afrikaanse burgerskap aanvaar.
There are three large branches in the family: b1c2, b1c4 and b1c5. Only the descendants of people carrying the surname of Uys have been recorded. Females and their offspring should be traced through their married surnames. There is only one recorded instance where the children of a female Uys used the maternal surname (b1c2d4e3f8g6h3).This work includes an alphabetical index of family members born prior to 1984 as well as an alphabetical index of spouses. An attempt was made to update date of death and place of burial. The South African Genealogical Society’s Gravestone project was found very helpful in this regard. Unfortunately not all tombstones have been photographed, especially in the larger cemeteries.Although the bulk of the work is in Afrikaans, important information such as date and place of birth, date and place of death and site of burial needs no further explanation. jfkdev@gmail.com
Die stamnaam Heyl kan teruggespoor word tot in Berlyn in die 13de eeu. Die van is ook gespel as Heijl. Die Baron von Heyl is nie ‘n direkte voorvader nie, maar ‘n ander tak. Hy is tot die adelstand verhef nadat hy ‘n fortuin gemaak het met hul ontdekking van blinkleer skoene. Die stamvader van die Heyl familie, Hendrik Arend, sy vrou en drie kinders het op 12 Junie 1858 aan boord die ISAAC DE COSTA in Kaapstad geland. Na ‘n verblyf van ‘n paar jaar het die gesin hulle in die omgewing van Calvinia gaan vestig.