Skip to main content

GGSA HEADER AFR

Matriagale Genealogie van KHOI-Stammoeders
Published on: 07/08/2019
Last Updated Date: 19/07/2019

Matriagale Genealogie van KHOI-Stammoeders

Konvensionele genealogie is hoofsaaklik gemoeid met die manlike afstammelingslyn, d.w.s. volgens die familienaam of van, biologies gesproke volgens die oorerwing van die Y-DNA (wat saam met die van oorgerf word). Die toenemende gebruik van DNA-ontledings in genealogie het die belangstelling in die "matriargale" genealogie, volgens die vroulike afstammingslyn, biologies volgens die oorerwing van die mt-DNA, aangewakker. 'n "Matriargale" genealogie is dus 'n logiese aanvulling van die konvensionele "patriargale" genealogie.
Hier word die matriargale genealogie van vier Khoi-stammoeders uiteengesit nl.
Eva/Krotoa Goringhaicona en Pieter van Meerhoff
Johanna Catharina Toll en Heinrich Voortmann
Kaatjie/Francina van die Kaap en Cornelis van der Westhuizen
Martha van die Kaap en Johannes Gottlieb Veldsman
Die eerste van hierdie stammoeders is goed bekend. Die ander drie is nagespoor met behulp van inligting uit H F Heese se "Groep sonder Grense" en die 17 volumes van "Suid-Afrikaanse Geslagregisters".
Die genealogie is saamgestel tot ongeveer 1800, d.i. 6 geslagte na die stammoeder vir Eva/Krotoa en 3 geslagte na die ander drie stammoeders.
Hulle bevat (aangetroudes inbegrepe) onderskeidelik 291, 241, 34 en 27 persone.
Kyk ook "CAPENSIS" 2/2014 pp. 8-11. Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.
Konvensionele genealogie is hoofsaaklik gemoeid met die manlike afstammelingslyn, d.w.s. volgens die familienaam of van, biologies gesproke volgens die oorerwing van die Y-DNA (wat saam met die van oorgerf word). Die toenemende gebruik van DNA-ontledings in genealogie het die belangstelling in die "matriargale" genealogie, volgens die vroulike afstammingslyn, biologies volgens die oorerwing van die mt-DNA, aangewakker. 'n "Matriargale" genealogie is dus 'n logiese aanvulling van die konvensionele "patriargale" genealogie.
Hier word die matriargale genealogie van vier Khoi-stammoeders uiteengesit nl.
Eva/Krotoa Goringhaicona en Pieter van Meerhoff 
Johanna Catharina Toll en Heinrich Voortmann 
Kaatjie/Francina van die Kaap en Cornelis van der Westhuizen 
Martha van die Kaap en Johannes Gottlieb Veldsman
Die eerste van hierdie stammoeders is goed bekend. Die ander drie is nagespoor met behulp van inligting uit H F Heese se "Groep sonder Grense" en die 17 volumes van "Suid-Afrikaanse Geslagregisters".
Die genealogie is saamgestel tot ongeveer 1800, d.i. 6 geslagte na die stammoeder vir Eva/Krotoa en 3 geslagte na die ander drie stammoeders.
Hulle bevat (aangetroudes inbegrepe) onderskeidelik 291, 241, 34 en 27 persone.
Kyk ook "CAPENSIS" 2/2014 pp. 8-11.
Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Published on 7 Augustus 2019
Last Updated Date 19-07-2019
Category Family Registers
File Size 145.15 KB
File Type application/pdf
Hits 1896 Hits
Download 8526 times
×