fields
Gallery »  W-Surnames---Vanne-W » WYK-VAN-Surnames-Vanne »

WYK-VAN-Francois-0000-2023-M

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/11/20/francois-was-n-pluimbal-legende/?fbclid=IwAR2QpNlOVdkVXyFYA4xonv70HooJsBb0TX7_StF7ZVR7zlkpX8FjTJZ0DxA

https://www.facebook.com/100064115257785/posts/pfbid02Yrf4ihCotzTQV3yG24Xjq61Ti8mTf2zQSQRvNvD2t6Kwi9UQbZ6FS7HWvVVg1k7Ll/?sfnsn=scwspmo&mibextid=g7QZ34

“Verlede Saterdagoggend het ons ’n groot legende van Middelburg gegroet – Francois van Wyk. Hy was aan baie mense bekend in Middelburg alhoewel hy in Stoffberg gewoon het. Ons sal hom altyd onthou vir sy goeie sin vir humor en sy kwinkslae wat hy kwyt geraak het,” het sy familie geskryf.

“Sy liefde vir sy gesin, veral sy kinders, het uitgestaan.

“Buiten sy liefde vir sy gesin het hy ook ’n groot liefde vir pluimbal gehad. Hy het van sy Tukkie dae af pluimbal gespeel.

Sy vaardighede op die pluimbalbaan en sy sterk leiereienskappe het die sport vir baie jare gedien. Dit het die platteland, Witbank en Middelburg ingesluit, tot groot hoogtes geneem.

Hy het die destydse Suidoos-Transvaal wat later Mpumalanga geword het verteenwoordig. Hy was vir baie jare die nommer een speler in Mpumulanga en het die provinsie as senior en veteraan by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verteenwoordig.

“Weens gesondheidsredes moes hy die sport vaarwel roep in 2012 maar het elke jaar nog gesorg dat daar ’n reünie gehou word sodat al die ouer garde sosiaal kon verkeer.

“Hy laat sy vrou Alta, kinders Jandré, Werner, Francois, Eduan, Marnel en skoondogters Werinda en Susan agter. Sy heengaan laat ’n groot leemte in baie van ons se lewens.”

Sjani Campher

  • 2 images