fields
Gallery »  W-Surnames---Vanne-W » WEBER-Surnames-Vanne »

WEBER-Mariette-1966-2021-F

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Erma Weber_30 Des 2021_1/_27.1_Mariette WEBER Gebore : 20 Jul 1966. Oorlede: 28 Des 2021. Ellisras is leeg sonder julle. Nooit Sal Ek Ellisras weer geniet sonder julle nie. Julle het sulke diep spore getrap in soveel leerders en mense se lewens. Ons harte is leeg. Ria Austin - Ag my liefste Erma my hart breek vir jou en Ruan! Ek het nie woorde my liefkinders. Daar is niks wat ek kan se wat regtig vir julle gaan troos. Onthou net ons Hemelse Vader maak nie foute Hy het dit goed gedink 9m hulle te kom haal na Sy Hemelse vesting. Ek bid vir julle vir vertroosting en vrede. Jesus sal jul dra in die moeilike tyd my kinders en familie. Riatjie lief julle. Magda Troskie - Rus in vrede my vriendin ek gaan jou ongelooflik mis. Jou stem is stil maar ek hoor nog as jy in my klas instap met Juf Tros. Ons as RTT dept gaan verlore wees sonder jou. Maar ek weet jy kyk met n glimlag af na ons. Plant baie rose in jou hemel tuin. Tot ons weer ontmoet. Phillip Boonzaier - Ek het ongelukkig nie Oom Mof geken nie, maar het het my hele Hoërskool loopbaan klas by Juff Weber gekry. Sy het diep spore getrap in my lewe en almal wat by haar klas gekry het (Haar bydrae in die ontwikkeling van my as persoon kan nie in woorde gesit word nie) . Die dorp en die onderwys beroep het een van die beste onderwysers verloor. Tot vandag nog dink ek aan Juff Weber as ek op MS Office werk en "kortpad" vat op Excel. Sy sal gemis word en 'n deel van haar sal bly lewe in almal wat haar geken het en wat by haar klas gekry het. Johan Wolfaardt - Hulle was vir myself, my vrou en ons oudste net goed. Wat 'n voorreg om hulle te kon ken. Mag hulle sag rus en hulle geliefdes die vertroosting van ons Hemelse Vader ervaar. Marcha Vos - Dit is soooooo hartseer... Mens se kop kan dit nie verstaan nie, ons harte wil dit nie glo nie en ons woorde is minnnnn... Rus in vrede julle liewe mense. Sterkte Ruan Weber en Erma Weber. Ek bid dat die Here julle sal vertroos en dra in die moeilike tyd. Ek dink aan al hulle geliefdes... Jammer ook vir die verlies wat die Hoërskool lei Adriaan Joubert en hulle mede kollegas... Baie sterkte... Gina Meiring - Dis n baie GROOT verlies. Hulle gaan deur so baie gemis word. Liefde en mag God julle styf vashou

  • 2 images