fields
Gallery »  V-Surnames---Vanne-V » VENTER-Surnames-Vanne »

VENTER-Johanna-Sophia-Nn-Joey-1963-2013-F

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Hendrik Venter_11 Des 2021_21_Johanna Sophia VENTER (Joey) 11 Jun 1963 - 28 Jul 2013. Gert En Poppie Kruger - Die vrou wat altyd so netjies was. Sy was vir my soos n sussie. Mis tot vandag toe haar oproep op Sondae. Joe ek sal altyd na jou verlang. Marleen de Jager - Joey, mooiste hart, lekkerste gebak en altyd so mooi van haar kroontjie tot by haar toontjie. Sal haar altyd onthou. Ria Koegelenberg Botha - Ag liefste Joey! Jy is te vinnig weg. Xxx Ek onthou jou as n mamma en vrou wat vreeslik lief was vir haar kinders en haar man. Mens kon jou altyd deur n ring trek. Ek onthou jou fyn gebak by die Dopperfees - dit was juis by n Dopperfees vergadering in Mei wat ek jou die laaste keer gesien het. Jy het vir my gesê jy voel nie lekker nie. Jy was n baie eerlike en opregte mens. Maureen Gous - My buurvrou vir baie jare. Kon die lekkerste beskuit en vrugte koeke bak. Pragtige mens gewees. Johannie Van Zyl - Die tannie was n baie oulike vrou gewees vriendelik. Leme Vermeulen Fourie - Sy was altyd so 'statig en perfek' ge-dress met die kleinste en sagste hartjie! Kos bederf en bakster soos min. Sy het altyd daardie soet glimlaggie gehad

  • 1 images