fields
Gallery »  T-Surnames---Vanne-T » THERON-Surnames-Vanne »

THERON-Annamarie-1958-2000-F

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Corli Theron 13 Jul 2021_903 Annamarie Theron b.14 Jun 1958 d.20 Mrt 2000. Marié Lubbe - Sy het ‘n saadjie in my hart geplant en 'n liefde vir Afrikaans laat groei en koester. Sy was 'n wonderlike mens en onderwyser! Hannetjie Loots - Een van die talentvolste mense ooit. En haar twee meisiekindertjies was haar lewe! Esmie Pienaar Van Greunen - Ek was baie lief vir haar, sy het die beste uit haar kindertjies gebring. Ons was 'n paar meisies wat op een of ander manier in St 5 by haar huis beland het, dink sy het vir koffie gemaak ♡. Yvonne De Lange - Sy het altyd so lekker geruik, waaraan is sy oorlede. Bianca Santapaga - Wonderlike Afrikaanse St. 5 onderwyseres by Bosveld. Het vir my die mooiste getuig-skrif gegee. Baie spesiaal gewees. Elna Booysen - Saam met Annemarie skoolgegou by L/S Bosveld. Liefste mens, my mentor gewees, so baie by haar geleer. Sal haar aansteeklik lag nooit vergeet!

  • 1 images