fields
Gallery »  S-Surnames---Vanne-S » SWART-Surnames-Vanne »

SWART-Charlotte-Louise-Nn-Charlotte.Lalie-1925-2023-F

Volgens die e-pos ontvang vanaf Johan WIESNER, gedateer 4 Aug 2023 (22h34) die volgende info en ‘n bietjie agtergrond, vir sover julle dit kan gebruik, oor die volgende 3 persone:

  • SWART-Charlotte-Louise-Nn-Charlotte.Lalie-1925-2023-F
  • SWART-Petrus-Albertyn-Nn-Pieter-1959-2023-Dr Prof-M
  • FRYHOFF-Johann-Albertyn-Nn-Albertyn-1940-2023-M

Charlotte SWART, of Lalie, soos meeste mense haar geken het, was my tante. My ma se jongste suster. As daar ooit ‘n engel op aarde was, was dit sy: die liefde vanself teenoor almal, en daarom uiters geliefd DEUR almal. Vir my was sy meer, nader as ‘n 2e ma, en het ek haar dus my 1½e ma genoem. In Oktober verlede jaar het sy die oudste (langslewende) direkte vroulike Albertyn-nasaat in die HELE Albertyn-familie, vir die meer as 300 jaar wat die Albertyns al in die land is, geword, en sou, as sy bly leef het, nou in September die oudste Albertyn, manlik of vroulik, geword het. Ek het ‘n professionele 26-minute video oor haar lewe gemaak, wat by die begrafnisdiens vertoon is. Ek kan vir julle ‘nkopie verskaf as julle sou belangstel, of dit sou kon gebruik.

XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

Haar seun, Pieter, my neef, is die man wat op 25 Mei 2023 op berg Everest dood is; 8 ure voordat hy die kruin sou bereik. Daar is ‘n foto daarvan op sy brief se agterblad. Pieter was Professor in Narkose, en Hoof van die Narkose-departement by die University of British Columbia, Vancouver in Kanada. Was getroud met Afrikaanse Dr. Suretha MARTIN, en 2 kinders, albei tans op universiteit; Marna met studies in Regswese, Pieter Jnr met medies --- like father, like son.

2 sterfgevalle dus in dieselfde gesin binne 2 maande ….

XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

FRYHOFF Albertyn was ‘n Apteker, eers van Bethal, en ná aftrede het hy die Albertyn Apteek in Kleinmond, Wes-Kaap, opgerig. Ook baie geliefd in Kleinmond, aangesien hy altyd met groot belangstelling geluister het na, en gesels het met elke pasiënt.

Een van sy dogters, is Lize Albertyn-DU TOIT, wat haar debuut-fiksie, “Die kinders van Spookwerwe”, enkele jare gelede geskryf het, en met lof in heelwat kringe ontvang is. Ook voorgelees as boekvoorlesing op RSG.

Daarmee bietjie agtergrond. Gebruik soos julle wil. Groete.

Johan WIESNER, Verwoerdburg, 4 Aug 2023

  • 11 images