fields
Gallery »  R-Surnames---Vanne-R » ROUX-LE-Surnames-Vanne »

ROUX-LE-Pierre-1942-2023-M

https://www.facebook.com/100064056912138/posts/pfbid0tvQcKJo1U7qjdC9tr4XLmgnVAcgrUuLoFYobNscN87wCLhSaqvSvTjxTUGwFUWWVl/?sfnsn=scwspmo&mibextid=WBapUd

https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2023/12/05/oudleerkrag-sterf-10-weke-na-ongeluk/?fbclid=IwAR24y6wk1MtVIRBuk0IOgKrpIQvscQ2w7Lm3BwlzD-busXJ1nZIJr_G1W2s

Oudleerkrag sterf 10 weke na ongeluk

Hy was in September in 'n ongeluk op die Heidelberg-pad (R42) betrokke.

December 5, 2023

VEREENIGING. – ‘n Roudiens vir mnr. Pierre LE ROUX (81) wat op 22 November oorlede is, word op 5 Desember om 11:00 vanuit die NG Gemeente Drie Riviere-Oos gehou.

Mnr. LE ROUX, ‘n oudonderwyser van Vereeniging en bekende onder motorveterane, was in September in ‘n ongeluk op die Heidelberg-pad (R42) betrokke.

LE ROUX, wat vir 39 jaar (1962 – 2001) by Hoërskool Drie Riviere skoolgehou het en onder leerlinge as ‘Porky’ bekend was, was die afgelope 10 weke in die intensiewe sorgeenheid van die Netcare Alberton Hospitaal nadat hy ernstig in die ongeluk beseer is.

Hy was die oggend van die ongeluk met sy ou DKW na ‘n motorskou naby Tuinlandkwekery in die omgewing van die Mooilande-kleinhoewes op pad.

Volgens sy dogter, Hedri BREHEM, wou hy regs draai toe ‘n voertuig van agter af gekom en hom aan die regterkant probeer verbysteek het. Die voertuig het met die regterkant van LE ROUX se DKW gebots.

Medelye het die afgelope week op sosiale media ingestroom. “Hy het ‘n merk in baie kinders en mense se lewens gemaak,” skryf Tony SMIT op ‘n Facebook-groep vir oudleerders van Hoërskool Drie Riviere.

“U was een van die onderwysers wat ek nooit sal vergeet nie. Ek het meneer se klasse geniet. “U het die vermoë gehad om ‘n mens te motiveer om groot hoogtes te bereik. Sal u altyd onthou,” skryf Annatjie du Plessis GRIESSEL.

LE ROUX word oorleef deur sy drie dogters, Liesl, Johma en Hedri. Sy vrou, Elize, is vyf jaar gelede oorlede. Oud-Drieries sal na verwagting v kleurbaadjies en dasse na die roudiens dra.

Bronne:

  • Pierre “Porky” LE ROUX by sy ou DKW. Foto: Verskaf
  • Wyle Pierre LE ROUX. Foto: Verskaf

  • 4 images