fields
Gallery »  O-Surnames---Vanne-O » OOSTHUIZEN-Surnames-Vanne »

OOSTHUIZEN-Callie-0000-2020-M

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Rothea Nel 13 Jul 2021_124/_784 Callie OOSTHUIZEN b.0000 d.30 Sep 2020. Rothea Nel - Kallie, my.... Die Here weet Hy sal my moet dra deur hierdie groot verlies. Jou stem is net skielik stil... jou werk nog op hande. Nooit weer sal jy my elke week bel nie... ek verlang al klaar. Ek kon nie groet nie en daaroor huil ek...my bors ‘n drukkende pyn en my hart in skerwe. Met jou fotos voor my kyk jy na my met jou besonderse blou oë en dink ek aan die laaste keer toe ek jou gesien het....jy was maar nog altyd ‘n gentleman en het ons vir mekaar groot respek gehad. Jy het ‘n geloof in God gehad wat niemand kon breek nie. Jy was maar altyd daar vir ons familie, bereid om te help, ‘n Maat, ‘n Steunpilaar. Jou kinders Hesti Grobler, Maja Fraser en Carl Rudolph Oosthuizen is die produk van hulle ouers waarvan jy in besonder die grootste deel in hulle lewe was. Almal ken jou, almal weet wie is Kallie Oosthuizen en al kry jy nooit my boodskap nie, sal ek beter voel om hier dit uit te basuin dat ek vir jou steeds baie lief is en dat ek trots was op jou. Ek wil nog nie koebaai sê nie Kallie.... ek kan nie... Loop eet ‘n hele blik koekies by Mammie, ek sal jou Naam altyd onthou, want jou Naam bring die mooiste herinneringe navore. Ek lê jou nou by Jesus se voete neer. Mag jy in vrede rus my liefste Boetie, tot ek jou weer in die Hemel sien... Thea d.30/09/2020. Lily Gouws Fleischmann - Diebare ou Calie. Pine Petzer - My ou perde vriend, ek mis jou. Met Wie gaan ek nou stry? Net met Tol Pieterse

  • 2 images