fields
Gallery »  O-Surnames---Vanne-O » OLIVIER-Surnames-Vanne »

OLIVIER-Ignatius-Petrus-Hendrik-Nn-Naas-1939-2024-M

Naas OLIVIER se Rou Diens 16,3,2024

Huldeblyk soos ontvang van Koot SWANEPOEL op 22 Mrt 2024, 09h02 (per e-pos)

Die Musiek wat nooit stil word nie (16 Maart 2024)

Laat hierdie Rou Diens van Naas Olivier, jou Man, jou Pa, jou broer, familie lid, jou vriend, jou kennis, jou Skoolmaat, ons Oud Kollega,en boetie in Christus Jesus, ‘n afspraak wees wat God gebruik, om ons net weereens bewus te maak dat ons die tyd moet uit koop.

Tyd uitkoop om reg te maak. Te bely, te vergewe, te verdra, vry te spreek, versoen, te bid, om te gee, te voorsien, want die uur kom soos ’n dief in die nag.

Ons het saam met ons Vriend en Kollega gewerk by Anglo American Sekuriteit vir jare en hom en Armour leer ken as ‘n mooi kinders van die HERE – mooi van binne en mooi van buite. Hy Naas Olivier het gestaan vir reg en geregtigheid. Hy was lojaal, vriendelik en kalm, en sy kalmte was musiek in ons ore. Naas was vir ons ‘n voorbeeld van reg en geregtigheid, maar ook van liefde, lojaliteit en omgee. Hy sou uit sy pad gaan om vir jou opte staan dat reg en geregtigheid geskiet in jou guns.

Met die jare wat nou vir ons voorlê, sal ons in herinnering geroep word, deur verjaardae, feesdae, gebeurtenisse, werks geleenthede, samekomste, saam kuiers en braai en eet geleenthede, kuiers. Maar ook deur ons eie onthou gebeure, deur situasies en omstandighede.

Dit is diè musiek wat NOOIT sal ophou nie, want wat sê ons vir mekaar, ‘n seun vir sy pa, ‘n dogter vir haar ma, ‘n broer/suster vir sy/haar broer, ‘n vriend/vriendin vir sy/haar vriend, kollega vir sy/haar kollega;

Op Naas se volgende verjaardag herdenking

Op Naas se volgende Skool prestasie herdenking

Of selfs op Kollega Naas se volgende sterfdag herdenking???

Niks!!!

Ons kan net in ons geestes dimensie die klank harder draai, om te luister na die musiek van Naas se vervulde lewe, in ons gemoed.

Ons kan net die klank harder sit, om weer te kan belewe die musiek van die mooi en omgee hart, van ‘n mens vir wie ons respek gehad het en vir wie ons lief gehad het, en wie vir ons lief was.

Die musiek wat nooit sal stil word nie, want ons gaan daarmee slaap, daarmee opstaan, en daarmee saam in herinnering lewe, van ‘n jongman, Naas, wat deur God aan ons geleen was, om ons te leer, om deel te word van ‘n Orkes wat in harmonie sal saam sing: “What a Mighty God we serve”.

En sodoende die Beeld en Gelykenis waarvolgens ons as mens geskape is, in harmonie en liefde uit te leef, en uit te straal, tot eer en verheerliking van SY NAAM, JESUS CHRISTUS DIE HERE.

Want Naas Olivier het daardie musiek uitgeleef en uitgestraal.    Familie en vriende, mag daardie verblydende, harmonieuse, kalmerende musiek van herinneringe van Naas, julle vertroos en versterk en dankbaarheid verskaf, om deel te kon wees van sy fyn ingestelde, strelende ritmiese musiek.

En mag daardie musiek, nooit verdof, nooit verflou en nooit stil word in julle herinneringe aan Naas nie. Sodat ons sal uitsien om eendag saam met Naas en God se Engele skaar, in die Engele-koor saam die Here te loof en prys, in SY Heerlikheid.

Seën en vrede vir julle.

Van Swannie en ook namens ons Anglo American Security Groep.

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Huldeblyk Naas OLIVIER 16 Mrt 2024

Ons onthou Oom Naas met groot respek en liefde.

In die gees en in die hart staan ons as Humansdorp Museum Vereniging en die Jeffreysbaai Genealogie Groep by die familie met hierdie laaste geleentheid om eer en respek aan ‘n merkwaardige persoon te betoon.

Ons persoonlik het die voorreg gehad om Oom Naas en Tante Amor te ontmoet en vir ‘n paar jaar te leer ken as vriende.

Met 'n groot glimlag en ‘n warm drukkie is jy altyd gegroet wanneer ons mekaar gesien het.

Oom Naas was 'n kranige Genealoog en ‘n gewillige taklid van die Genealogie Groep wat altyd bereid was om sy kennis en navorsing te deel met wie dit ookal nodig gehad het.

Hy het baie jare gelede by ons groep aangesluit en sal as een van die stigterslede beskou en onthou word. Hy het ‘n baie groot bydrae gemaak om die Museum Vereniging en die Genealogie Groep te help groei en het van die begin af baie goed ingepas by al die ander Lede.

Oom Naas het as Sameroeper van die Genealogie Groep gedien vir ‘n paar jaar en ‘n beduidende bydrae met die vooruitgang van die groep gemaak. Hy was altyd deel van ons uitstappies en gereed om te help met uitstallings, tak byeenkomste en enige ander aktiwiteite.

Oom Naas sal verseker gemis en baie lank onthou word deur die Genealogie Groep se Lede.

Ons sal mekaar eendag weer sien (Brandon Damons)

Die dood kom soms so skielik,

En om dit te oorkom is nooit maklik,

Jy is weg en jy word gemis,

Deur almal hier vandag by jou gedenkdiens,

Vandag moet ons‚ ons trane afvee,

Gebroke harte‚ dis net GOD wat weet wat om te maak daarmee,

Familie ek weet ons is nog seer oor die heengaan,

Die Hemel is nou jou woning,

Jy is nou saam met JESUS ons koning,

Jy is weg‚ vir ewig,

Daar sal nie ‘n dag wees wat ons jou nie sal mis nie,

Jy sal altyd in ons harte wees,

GOD sal ons gebroke harte genees,

Want ‘n GOD wat genesing bring is wat ons dien,

Totsiens‚ ons sal mekaar eendag weer sien.

 

In gees deel ons hierdie tragiese verlies saam met julle as familie. Wees verseker dat julle in ons gebede is gedurende hierdie tyd van rou. Die Goeie Vader sal nie ‘n klip in julle pad rol wat te swaar en te moeilik sal wees om verby te kom nie. Hou goeie moed, vertroue en geloof !!!

Oom Naas, as mede Genealogiese vriende maak ons as Lede die laaste inskrywing op jou Geslagregister, namens jou ..... Gebore 12 Nov 1939 & Oorlede 12 Mrt 2024 (84jr:4mde).

Ons is baie lief vir jou, Rus in Vrede ……!!!

Namens al die Lede van die Humansdorp Museum Vereniging en die Jeffreysbaai Genealogie Groep.

Hendrik (Pottie) POTGIETER

  • 7 images