fields
Gallery »  M-Surnames---Vanne-M » MATTHYSER-Surnames-Vanne »

MATTHYSER-Bettie-1927-2023-F

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/news/2023/11/05/in-memoriam-bettie-matthyser/?fbclid=IwAR139LGU7bzEKBDf_3Qb1OF8JaOxJWa0C2mAZXgh6nRVXdvXkdVROU-dv28

In Memoriam: Bettie MATTHYSER [Potchefstroom Herald November 5, 2023]

Sy word onthou as ‘n edelvrou wat diep spore in haar gemeenskap, haar familie en naaste gelos het.

Op 23 Oktober 2023 het Bettie Matthyser op 96-jarige ouderdom haar laaste asem uitgeblaas.

Sy word onthou as ‘n edelvrou wat diep spore in haar gemeenskap, haar familie en naaste gelos het.

Sy het in Potchefstroom by Witrand Hospitaal verpleeg en was later koshuismoeder by Makouvlei Manskoshuis.

Sy was ook aktief betrokke by AGS Sentraal gemeente en sy het op ‘n gereelde basis vir tuisnywerhede gebak gelewer. Sy was ook jare by die Dienssentrum vir Bejaardes betrokke.

Buiten Potch, het Ouma Bettie in Leeudoringstad die gemeenskap gedien. Sy was ook vir jare lank betrokke by die AGS Leeudoringstad.

Sy was daar ook jare lank betrokke by die AGS Leeudoringstad, onder andere organisasies in Leeudoringstad.

Haar familie onthou haar as iemand wat onselfsugtig gelewe het en tot die diens van haar medemens was.

“23 Oktober 2023 het die aarde, net vir ‘n oomblik, ophou draai. Die engele het die knie gebuig. God het sy arms wawyd oopgemaak, baie breed geglimlag en vir Ouma gesê: “Halleluja. My kind is tuis.”

“Ouma het ons geleer van hoe om onselfsugtig te lewe. Ons sou handeroom koop en as jy volgende week gaan kuier, was Ouma se hande kurkdroog, want die tannie van langsaan sukkel so met droogheid. Ouma het haar laaste stukkie brood vir die bediende gelos, want die Here sou more weer kos voorsien. Ouma het geen waarde vir geld gehad nie. Sy wou net dien met n lekker bord boerekos en hande wat net wou gee,”

As jy haar wou bederf, moes jy net gaan kuier. Dit was ouma se karakter, lief vir haar naaste en lief vir haar God.

“Ouma het ons geleer van onvoorwaardelike geloof. Honderde kilometers ver sou sy vir al haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders bid en verseker God is net ‘n oproep ver. Sy was nooit bekommerd oor siektes, kruideniersware, badkamerbenodighede of die lewe nie, want “God sou voorsien”.

Ouma het ons geleer dat ons net een keer lewe, maar as jy dit reg doen, is een keer genoeg. En bowenal alles, het Ouma ons geleer van liefde. Liefde vir jouself, jou medemens en jou God. Sy het dit geleef. Elke dag. Eenkeer was vir haar genoeg.

Ons sal haar onthou as ʼn vrou van God met ‘n warm hart en tyd vir almal. Mag ons almal ons knie vandag buig om Ouma Bettie te eer as ‘n voorbeeld van hoe die lewe moet wees en kan wees, mag ons haar manier laat voortleef.”

Bettie Matthyser se gedenkdiens vind plaas op Vrydag, 10 November 2023 om 10:00 by Freeway Bybelkerk, Doonelaan, Comet, Boksburg, Gauteng

Die Begrafnisdiens en Teraardebestelling vind plaas op Saterdag. 11 November 2023 om 12:00 by AGS Leeudoringstad, 11 Paul Kruger Straat, Leeudoringstad, Noordwes.

  • 3 images