fields
Gallery »  K-Surnames---Vanne-K » KNIPE-Surnames-Vanne »

KNIPE-Richard-Alexander-1935-2022-GenlMaj-M

https://www.facebook.com/www.cmvo.org.za/posts/pfbid02wkdALCVCtsr7roMHxaC717csf55qdzp1rb7JjvmV4Uap5FAV2d3Lk4dongx1C5WKl

RMVO / CMVO: Raad van Militêre Veterane Organisasies van SA

14 july / 12 july 2022·

RMVO-SA Voorsitter en lede van die bestuur betuig simpatie, deel sterkte en seënwense aan familie van Wyle Genl Maj (aft), Militêre Veteraan Richard Alexander Knipe (SA Leër - MRA). *15 Jul 1935 - † 11 Julie 2022. Begrafnis Saterdag 16 Jul 22 11h00. Begin met teraardebestelling (Stilbaai-Wes begraafplaas) dan diens en verversings vanaf 12h00 te Stilbaai-Wes NG Kerk Kerkstr Stilbaai-Wes.

Saluut. RIV.

Wyle Genl Maj (aft), Militêre Veteraan Richard Alexander Knipe (oudste van 3 kinders in gesin) gematrikuleer as 17-jarige aan HS Windhoek in 1952.

Daarna gestudeer BCom Regte en LLB aan Kovsies en sy kwalifikasies verwerf in 1959. In Julie 1963 getroud met Annette Marié de Kock in Bloemfontein, waarna verplaas as Staatsaanklaer by Justisie in PE se Landdroskantore vir 6 maande.

In 1964 in Pretoria by SAW aangesluit as Regsoffisier as Kapt. Begin by die ou Leër HK/VHK in Potgieterstraat, daarna as senior offisier regsoffisier en Advisieur na Hallmarkgebou in stad en daar gewerk tot hy as Brigadier mid-einde-tagtigs later begin werk het by Weermag Hoofkwartier Erasmuskloof as Direkteur Militêre Reg tot Julie 1995, waana hy uitgetree het na n hoogs suksesvolle loopbaan. In 1993-1994 was hy verbonde aan die Waarheids en Voorsieningskomissie waar hy oa in nou samewerking was met Minister van Verdediging.

Baie nou saamgewerk met wyle Genl Jannie Geldenhuys en wyle Minister Magnus Malan.

 Hy het ook gereeld presteer in pistoolskiet en was deur sy hele loopbaan verbonde aan die Pistool Klub, asook vir ongeveer 15jaar deel daarvan in die Suid-Kaap.

Hy het ook 'n aktiewe deelname en betrokkenheid by die kerk en gemeente waar hy betrokke was, vervul.

  • 4 images