fields
Gallery »  K-Surnames---Vanne-K » KITCHING-FOURIE-Surnames-Vanne »

KITCHING-FOURIE-Nicholine-Nn-Niqi-1958-2021-F

  • Geneem vanaf Facebook Ellisrassers we will never forget. Erkenning vir die bydrae aan: Ulizne Kitching-Nel 13 Jul 2021_273 Nicholine Nn Niqi KITCHING-FOURIE b.26 Aug 1958 d.11 Jul 2021. Karien Grobler - Sterkte vir haar familie en klein kinders want hulle was baie lief vir haar gewees het. Wimpie Sparks - Dit voel nog vir my ook of ek haar maar net weer iewers sal raakloop
  • Geneem vanaf Facebook Ellisrassers we will never forget. Erkenning vir die bydrae aan: Rothea Nel 16 Jul 2021_XXX HULDEBLYK aan Nicholine KITCHING-FOURIE b.0000 d.0000. Woorde laat my vandag in die steek. Nog nooit het ek so gewroeg met woorde. Emosies en spesiale herinneringe wat ons elkeen vandag het vervang onuitdrukbare woorde. Hoe en waar begin ek om so ‘n fenominale vrou te beskryf. Die hoeveelheid liefde, admirasie en respek wat ons almal in ons harte dra is emosies wat getuig van Nicholine se karakter en menswees. Sy het diep spore in almal se harte getrap. Sy het ‘n baie groot aandeel in wie baie van ons vandag is. Woorde wat Nicholine beskryf is haar positiwiteit, determinasie, opregtheid, eerlik, hardwerkend, intelligent en hardkoppig. Dit is daai determinasie en hardkoppigheid wat haar so ‘n sterk vrou gemaak het, vol selfvertroue, stylvol en waardig, altyd vriendelik en behulpsaam. Ons treur vandag, maar ons vier ook vandag ‘n lewe. Met trane in ons oë en harte, glimlag ons terselfdertyd want ons weet... ‘n Engel is huistoe geroep, Nicholine is nou by haar Koning. Wat ‘n groot voorreg om jou te kon ken, jy het baie mense se lewens verryk en mooi gemaak. Ons sal jou naam onthou... Ek lê jou by Jesus se voete neer Nicholine, ek groet vir nou.... tot ons weer ontmoet. Rus in Vrede Rothea d.11/07/2021. Hester Beukes - So mooi en waar Rothea mooi mens altyd gelag. Nellie Pieterse - Ek sal haar altyd onthou. Ons het lekker saam gewerk in die sewentigs in Volkskas nou Absa. Altyd vriendelik en geselserig. Dankie Willie dat jy my uitgenooi het om aan tesluit, anders sou ek nie geweet het nie. Henk Oosthuizen - Altyd almal ondersteun en moed in gepraat! Sal jou altyd onthou

  • 1 images