fields
Gallery »  G-Surnames---Vanne-G » GOSS-Surnames-Vanne »

GOSS-Wynand-1970-1992-M

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Petro Bezuidenhout 14 Jul 2021_983 Wynand Goss Gebore 13 Jul 1970 Oorlede 12 Apr 1992. Polisieman by Nelanie van Schalkwyk - DNkie vir die deel en onthou. Helen Gerber - Hy en estelle steyn was ‘n paartjie, sy is ook ‘n ruk na Hom oorlede. Petro Bezuidenhout - Ja Helen Gerber jy is reg. Kp van Dyk - Was ‘n goeie maat van my. Adolf van der Merwe - Was saam my op skool......waaraan is hy oorlede. Jesmorie Goosen/Adolf van der Merwe - Motorfiets ongeluk met ‘n Kudu oppad terug na Cumberland van Ellisras. Baie Hartseer gewees. Gertjie Roets/Adolf van der Merwe - was daar nie ook ‘n Paul persoon in ‘n ongeluk nie ? Nadine Schoeman - Ongelooflike goeie mens gewees. Roelof Vermeulen - My heel eerste arrestasie was saam met Wynand. Ek onthou ook ons trips na Pretoria om by Estel te gaan kuier. Hy was 'n baie goeie mens. Elmarie Erasmus - My beste vriend gewees.. Hom geken nog voor ek einde 1988 Ellisras toe getrek het. Sy pa het toe net ‘n nuwe Toyota Corolla gekoop en het hy met my die hele dorp platgery.. Het met my matriek uitslae spesiaal ‘n bottel shampanje gaan koop om te vier. My op sy rug getel en in die straat afgehol van blydskap. Altyd in my woonstel kom grou vir iets lekkers om te eet. Sy afsterwe het my erg geruk... Elmarie Erasmus - Estelle het na Wynand se afsterwe Pta toe getrek. ‘n Taxi het die robot geskip en in haar vasgery. Onthou nog dit was ‘n Uno. Hul seun is nou seker al amper 30. Weet Wynand se ouers het hom grootgemaak. Dit was baie hartseer.

  • 1 images