fields
Gallery »  E-Surnames---Vanne-E » EMSLIE-Surnames-Vanne »

EMSLIE-Guy-0000-2021-M

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Rothea Nel Grobler 14 Jul 2021_525 Guy EMSLIE b.0000 d.11/07/2021. HULDEBLYK aan Guy Emslie. Uit die kring van die ketting is ‘n kosbare skakel geneem. Almal wat vir Guy Emslie geken het se harte is gebreek en hy laat ‘n leemte in sy geliefdes, vriende en familie se lewens wat nooit weer gevul sal kan word nie. Vir baie was hy ‘n vriend duisend, ‘n mentor en voorbeeld. Hy het met warmte sy lag en die lewe met almal gedeel en laat diep spore agter in die dorp en in ons harte. Die aarde gaan arm wees sonder oom Guy, maar die hemel is nou ‘n ligstraal ryker. Hy was bekend daarvoor dat hy vir tannie Blanche Emslie-Van Wyk, sy kinders en kleinkinders gekoester het. Duisend engele staan en wag. Hulle sing van blydskap deur die nag. Nog ‘n lewe word voltrek. Nog ‘n siel volg die pad na Sy Heiligste plek. Oom Guy, jou heengaan word deur ons Ellisrassers diep betreur, ons woorde is min, ons harte seer. Jou rol van die lewe het jy volmaak gespeel, enduit. Ek lê jou by Jesus se voete neer. Tot ons weer ontmoet. Rus in vrede. Rothea d.11/07/2021. Elsofé Stephens - Ai dis so hartseer. Dink aan sy familie. Karien Grobler - Groot man van Ellisras gewees baie jare ‘n Ellisrasser gewees

  • 1 images