fields
Gallery »  B-Surnames---Vanne-B » BOTHA-Surnames-Vanne »

BOTHA-Priscilla-1940-2023-Prof-Dr-F

Bron van info: Charlie ELS volgens e-pos gedateer 17 Okt 2023 (Begrafnisbrief: BOTHA)

Hallo Pottie, Aangeheg is die Begrafnisbrief van ‘n vriend van my, Stephan BOTHA. Hy en sy gesin het teen ongeveer 1975 van Stellenbosch af Pretoria toe verskuif waar hy ‘n Professor in Stads- en Streekbeplanning geword het by die Universiteit van Pretoria se Beplanningsskool. Ek het saam met hom deeltyds daar klas gegee. Met sy dood in 2020 was hy egter reeds afgetree.

Ek heg ook sy vrou, Priscilla BOTHA, wat hierdie jaar oorlede is, se Begrafnisbrief aan. Sy het op Fouriesburg in die Vrystaat skool gegaan, waarna sy Stellebosch toe is. Sy was ook verbonde aan die Universiteit van Pretoria waar sy ‘n Professor in Huishoukunde was. Sy het ‘n Doktorsgraad daarin gehad.

Groete, Charlie

  • 3 images