fields
Gallery »  B-Surnames---Vanne-B » BESTER-Surnames-Vanne »

BESTER-Marlo-1989-2023-M

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/news/2023/11/22/gesinsman-sterf-in-motorongeluk/?fbclid=IwAR2J8qhdUmn5RyfBWEYCnGHrctWo1V5X3MAcj4KmAUTHJsIgwZ6g27zWAB8

Gesinsman sterf in motorongeluk

Marlo Bester (34) was Donderdagaand, 16 November in 'n motorongeluk net buite Potch op die Viljoenskroonpad.

November 22, 2023

‘n Gesinsman is Vrydagoggend, 17 November omstreeks 10:10 weens sy beserings dood nadat hy die vorige aand in ‘n ernstige motorongeluk was.

Marlo Bester (34) was Donderdagaand, 16 November in ‘n motorongeluk net buite Potch op die Viljoenskroonpad.

Marlo laat sy vrou, Nadia en kinders, Ziané (3) en Marlo (4) agter.

Marlo woon sedert 2008 in Potchefstroom en het ten tyde van sy dood by Oppikampus Student Accomodation gewerk.

Nadia het in ‘n roerende boodskap haar gevoelens oor die groot verlies uitgespreek.

“My liefste, die son het gesak in die Bester huis, ek soek jou in die donker om elke hoek en draai, die kinders soek jou in die stilte van die dag. Jy was geliefd en ons mis jou al klaar baie.

“Dankie vir die Pappa wat jy was, vir beter kon ek nie vra.

Dankie dat ek ‘n lewe saam jou kon deel. (Dit is) herinneringe wat ek vir altyd sal koester. Rus sag, tot ons weer ontmoet.”

Marlo se gedenkdiens vind Maandag, 27 November om 11:00 vanuit die NG Kerk Grimbeekpark plaas.

Die diens sal ook regstreeks aanlyn uitgesaai word vir diegene wat nie self die diens kan bywoon nie.

  • 3 images