fields
Gallery »  B-Surnames---Vanne-B » BESSELING-Surnames-Vanne »

BESSELING-Awie-1948-2021-M

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Ian Besseling 21 Aug 2021_47 Awie BESSELING b.23/03/1948 d.28/07/2021. Ons Pa. Pa, ek weet hierdie post is vir ons mense wat nog ons aardse veg veg. Pa is verlos van alle pyn en smart, Pa is nou 'n volledige engel met jou wit hare en vlerke en ons gun Pa elke oomblik van die nuwe vryheid en volmaakte geluk wat Pa nou ervaar saam ons en Pa se ander geliefdes maar weet net ons mis jou oneindig baie. Pa, jy het Grootegeluk begin saam baie ander, op die projekspan in 1975 by HK, gesien hoe die eerste top laag bo die steenkool weg gery is, gegroei saam Grootegeluk en vir 46 jaar 'n getroue lojale werker was wat altyd net die beste wou wees en hê vir almal wat hulle vertroue in jou geplaas het. Hierdie sal nou my laaste huldeblyk aan Pa wees, ek hoef Pa nie aan die publiek te verduidelik of op te hemel nie maar EK moet net vir Pa die laaste erkenning gee as ons Yster, liefste Pa en leermeester, terg gees en Liesfste mens! Sal altyd lief wees vir Pa, tot ons mekaar weer sien! Rus sag ons Pa, Ellisras sal jou nooit vergeet nie!

  • 1 images