Die lede van die Wes-Gautengtak van die Genealogiese Genootskap van SA was bevoorreg om op Saterdag 17 Augustus na die bekende Isabel Groesbeek te kon luister tydens die maandelikse vergadering in Ontdekkers, Roodepoort.
{artsexylightbox path="images/stories/Wesgauteng/Aktiwiteite/IG" previewWidth="100" previewHeight="100"}{/artsexylightbox}
Isabel is ‘n genealogiese navorser & inligtingskonsultant sedert 1988 (voorheen Hoof: Genealogie-Inligting, RGN (1991-1998) en ook ‘n erelid van die Genealogiese Genootskap van SA. Sy is ook bekend as aanbieder van genealogie werkswinkels 'Van waar Gehasi' in Pretoria sedert 2000 en die organiseerder van Genealogie- & Familie-Erfenisfees te Pretoria sedert 2008 (Vlg. feesdatum: Saterdag 31.08.2013 te NG Gemeente Lynnwoodrif Atrium)
Isabel het lede van die tak op ‘n denkbeeldige toer geneem na ‘n hele aantal plekke in Pretoria waar familienavorsing gedoen kan word. Die toer het begin met ‘n foto van ‘n pad omring met pragtige Jakarandabome in pers getooi - eksamentyd vir Tukkie studente.
Deur middel van foto's is lede geneem tot binne in die Nasionale Biblioteek, die Erfenisstigting Navorsingsbiblioteek, UP Biblioteek en vele ander.
‘n Handige lys met addresse en kontakbesonderhede van ‘n hele aantal navorsingsplekke sal beskikbaar gestel word in die tak se biblioteek tesame met Isabel se handige wenke oor hoe om voorbereiding te doen voordat die plekke werklik besoek word.