Afrikaans

Wes-Kaap Argieftoer 2020

Toure

Beste GGSA-lede en Argieftoer-Belangstellendes.

Oor die tradisionele Wes-Kaaptoer 2020 weet ons reeds die volgende:

Wanneer?

  • 16-21 Augustus 2020 (Sondagvoormiddag tot Vrydagaand laat)

Wat is ingesluit?

  • Vlugte, busvervoer, taxi in lieu van kort loopafstande indien benodig, vyf oornagtings, twee etes per dag, gidse, toegangsgelde, fooitjies en donasies, vooraf opleiding/inligting per e-posse en alle reëlings.  Dus Alles. Vir lede wat nie vanaf OR Tambo af kan vertrek nie word aanpassings gemaak.  LW: Plaaslike lede uit die Kaap wat nie vlugte en oornagtings benodig nie, is welkom en betaal natuurlik minder.
  • GGSA-lede van ALLE takke is welkom

Wat is die koste?

  • In die omgewing van R 8,000 per persoon betaalbaar voor 30 Junie 2020.  Enkelkamers verg ʼn bybetaling van ongeveer R 2,000.
  • 1ste-keer-deelnemers aan GGSA-toere ontvang ‘n afslag van R 500 .... indien julle gedurende Januarie of Februarie 2020 jul volle deposito betaal en solank die fondse wat GGSA daarvoor beskikbaar gestel het nie uitgeput raak nie.

 Hoe groot is die groep?

  • 15 (dit sluit die toerleier -die uwe- in).

Watter argiewe word besoek?

  • Drie dae die Kaapse Argiefbewaarplek in Kaapstad, Roelandstraat (KAB).
  • Een dag CPUT Biblioteek in Wellington wat GISA (Genealogiese Instituut van Suid-Afrika wat ontbind het) se registers ens. oorgeneem het.
  • Een dag Franschhoek waar die Hugenootvereniging ʼn groot aantal familieregisters vir navorsing beskikbaar stel.

Hoe bespreek ek? 

  1. Deur ʼn deposito van R 3,000 in die ‘GGSA Toere’ rekening tussen 2 Januarie en 30 Maart 2020 in te betaal (dit geld as bespreking) en
  2. Deur die volle bedrag tot 30 Junie 2020 te betaal (dit kan in paaiemente gedoen word); die presiese bedrag word later bekend gemaak.

Wat word van deelnemers verwag?

  • Jy moet verkieslik internettoegang hê vir ʼn bietjie opleiding en heelwat inligting per e-pos;
  • Jy moet min of meer weet waarna jy soek (die inligting- en opleidingsstukke sal jou voorberei  - indien jy jouself as “Novice” in genealogiese navorsing beskou, kan jy my laat weet en ek voorsien jou dan met ‘verbruikersvriendelike’ inligting vir beginners – ongeveer 50% van Deelnemers doen hierdie “Beginnersopleiding”);
  • Deelnemers moet opbetaalde GGSA-lede wees (enige tak, kan ook eGGSA wees) (dit maak nie saak indien jy jou lidmaatskap eers ‘n bietjie later hernu of selfs dan eers aansluit – waarmee ek jou kan help);

Wat is GGSA se doelstellings met die toere?

  • Om beginner-genealoë en ander GGSA-lede toegang tot argiewe te vergemaklik;
  • Spanbou tussen lede en takke te bewerkstellig (inligting oor belange uit te ruil);
  • Maar geen winsmotief vir die Genootskap of toerleier nie.

Hoe moet/kan ek nou al voorberei?

  • Pensionarisse kan begin spaar deur kinders en vriende te oorreed om eerder iets in jou ‘toer-spaarvarkie’ te sit in plaas om ander geskenke te gee (hulle verlig wees dat hulle van daardie bottel whiskey of badskuim kan afsien!).
  • Lede wat nog voltyds werk, moet betyds vir een week verlof insit.

Ek hoor graag van jou!

Met vriendelike groete van Ellen (Harmse née Rusch)

GGSA, NUK-Argiewetoere

Kontak my gerus hier Ellen Harmse

LW Waarskynlik ook Archive Crawl in Gauteng in 2020 en Bloemfonteintoer in 2021.

In ‘n GROEP is dit GOEDKOPER, MAKLIKER, GESELLIGER en BAIE PRET!

  • Created on .
  • Last updated on .
  • Hits: 516

Contact the Web Manager

Feedback, suggestions and corrections are welcomed.

Please contact the Web Manager