Die Algemene Jaarvergadering van die GGSA was vanjaar aangebied by die Wilderness Hotel geleë op die Tuinroete tussen George en Knysna. Die gashere was die Suid-Kaap Tak van die GGSA.      Uit die staanspoor het dit duidelik geword dat dié tak uit hul pad gegaan het om die AJV ʼn sukses te maak. Die voorsitter, Abri de Swardt en sy span moet geluk gewens word met hierdie poging.

Die AJV het presies betyds begin en na die welkomwoord deur die president, Simon du Plooy, het die werk in alle erns begin. Die agenda was lywig en die sake is met groot erns aangepak.

Een van die uitdagings vir die GGSA is om die ouderdom profiel van sy  lede om te keer deur jonger mense te werf. Tans is die lede hoofsaaklik ouer mense. Elke tak gaan navorsing doen om die situasie op takvlak aan te spreek.

Die Nasionale Raad het die viering van die 200-jaar herdenking van die 1820 Setlaars vierkant op die skouers van die takke en hul lede te plaas.  In aanloop tot die vieringe is besluit om ʼn argieftoer van 2019 spesifiek te rig op besoeke van verskeie argiewe in die Oos-Kaap. Dit word ook be-oog om al die uitgawes van die FAMILIA in 2020 te vul met artikels oor die 1820 Setlaars. Die Oos-Kaap Tak sal met plaaslike instansies skakel om deelname aan aktiwiteite wat in die Oos-Kaap te evorder.

Die Finansies  van die GGSA is onder die loep geneem en die tesourier het deeglik rekenskap van die stand van sake gegee. Die state sal ouditeer word alvorens dit na die ontvanger ingedien word.

Een van die vele hoogtepunte van die AJV is die voorligting wat Dennis Pretorius oor die stand van sake met die ontwikkeling van die GGSA se Webwinkel aangebied het. Kortom kom dit daarop neer dat in die afsienbare toekoms data aangekoop word vanuit dei 1984 Kieserslys, die E-SAGI Databasis en die  Begraafplaas Databasis wat bykans ʼn miljoen name bevat.

By die Gala-aand wat Saterdagaand plaasgevind het was die gasspreker die bekende Gavin Cowley. Gavin het etlike jare gelede besluit om die Cowley familie na te vors. Soos ʼn gesoute genealoog het hy tot op die been gekerf om besonderhede op te spoor. Sy voordrag, uit die vuis, is met groot waardering ontvang.

{artsexylightbox singleImage=" images/GGSASentraal/2018_AJV_-_Suid-Kaap/IMG_5807-Verklein.jpg " path=" images/GGSASentraal/2018_AJV_-_Suid-Kaap " color="white" previewWidth="200" PreviewHeight=”200”}{/artsexylightbox}