Skip to main content

GSSA HEADER ENG

Nageslag van Theunis Dirkse van Schalkwyk - deur Ockert Malan

Nageslag van Theunis Dirkse van Schalkwyk - deur Ockert Malan

Nageslag van Theunis Dirkse van Schalkwyk - deur Ockert Malan

Description

Die van Schalkwyks van Suid-Afrika
Hierdie register bevat die inligting wat ek die afgelope twee dekades oor die familie Van Schalkwyk en verwante families in Suid-Afrika versamel het. Benewens bronne soos gepubliseerde genealogieë en primêre bronne soos kerkregisters en boedeldokumente, was ek afhanklik van inligting wat, op aanvraag of spontaan, deur Van Schalkwyks en aangetroudes aan my verskaf is. Sonder hulle bydraes sou hierdie geslagregister nog baie meer onvolledig gewees het.  
Detail vir: Die van Schalkwyks van Suid-Afrika
Hierdie lys bevat ongeveer 5 200 van die nageslag van die stamvader, Theunis Dirkse, waarvan ongeveer 3 500 Van Schalkwyks is. Saam met die aangetroudes en skoonouers is daar ongeveer 9 200 name in die lys. Dit is  nie naastenby volledig is nie  –  met uitsondering van die nageslag van b2c1d7e6 Dirk Jacobus van Schalkwyk (1787 - 1861) wat redelik goed gedek is tot ongeveer die jaar 2000.
Dit is ‘n uitbreiding van die Van Schalkwyk-genealogie wat opgeneem is in  Deel 10 (2004) van “Suid-Afrikaanse Genealogieë” van die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.
Die samesteller sal enige verdere bydrae wat hierdie versameling kan aanvul of regstel baie waardeer. Sy e-posadres is This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Published on
07-08-2019
Last Updated Date
19-07-2019
Category
File Name
Nageslag van Theunis Dirkse van Schalkwyk.pdf
File Size
2.81 MB
File Type
application/pdf
Hits
1747 Hits
Download
15078 times
×