Die Familie Heyl - Johan Heyl
Die Familie Heyl - Johan Heyl
Description
Die stamnaam Heyl kan teruggespoor word tot in Berlyn in die 13de eeu. Die van is ook gespel as Heijl. Die Baron von Heyl is nie ‘n direkte voorvader nie, maar ‘n ander tak. Hy is tot die adelstand verhef nadat hy ‘n fortuin gemaak het met hul ontdekking van blinkleer skoene. Die stamvader van die Heyl familie, Hendrik Arend, sy vrou en drie kinders het op 12 Junie 1858 aan boord die ISAAC DE COSTA in Kaapstad geland. Na ‘n verblyf van ‘n paar jaar het die gesin hulle in die omgewing van Calvinia gaan vestig.
