Capensis 1-2014 Maart
Capensis 1-2014 Maart

Description
CAPENSIS is ’n kwartaalblad/CAPENSIS is a quaterly journal.
Om in te teken (R90 p.j.) of ’n enkele uitgawe te bestel (R20): Paul le Roux,
**********************************************************************
Capensis 1/2014 Maart
IN HIERDIE UITGAWE
Die GGSA is vanjaar vyftig
Erelid Johan Krige gee op spesiale versoek ’n kykie in die verlede op p.5. Hy wonder wat van 'n kassie geword het. En op die vorige bladsy kry Capensis ook ’n pluimpie van Jean P du Plessis.
Daardie kinkels in die familie:
Op p.10 illustreer Gerhard Geldenhuys inteling wetenskaplik. Om die som te maak, moet ’n mens jou wiskunde ’n bietjie opknap, maar dis die moeite werd.
En hoe is ons nou weer familie van mekaar?
Regina Verwey ontrafel Erasmus-raaisels op p. 25 en op p. 31 wys Sasa Malan hoe ’n paar Wes-Kaapse Voortrekkers met verskillende vanne maar deel van dieselfde familie was.
Ons verwonder ons aan die 'ou mense'
Marianna de Jager vertel op p.16 van haar pa se pad na sukses in moeilike tye terwyl Helene Lombard op p. 43 verbaas is oor hoe relatief medemenslikheid kan wees. Dan is daar op p. 38 ’n tragiese verhaal van verydelde liefde uit die tikmasjien van ’n onbekende skrywer; ons hoop iemand herken die verhaal.
Wie verlede jaar wat in Capensis geskrywe het.
Soos sedert 2003 het Gerhard Geldenhuys weer vir vanjaar se eerste uitgawe die vorige jaar se bydraers alfabeties gelys met hul artikels. ’n Mens sien op p. 46 dat Gerhard self verlede jaar die wenner was met drie bydraes; daar was ook twee titels elk tot die krediet van Marilyn Coezee, David de Klerk, Deon Goosen en Andrew Kok. Tien ander het ook bygedra. Nie sleg nie!