SwartlandDie tweede doop register van die Swartland Nederduits Gereformeerde Kerk gemeente is deur Lizette Svoboda uit Thailand getranskribeer. Hierdie data is by die eGGSA doop registers bygevoeg.

Dit is interessant om in hierdie register daarop te let dat die vroulike naam Huibregtje, soos in die dope van die 1700's gevind, by die vroeë 1800's verander het tot die moderne Afrikaanse vorm van Huibrecht, nou 'n vroulike naam in Afrikaans, maar in Nederlands nog 'n manlike naam.

Die data is van foto's van die Kaapse Argief dokument VC 667 getranskribeer. Hierdie is 'n fotokopie van die oorspronklike register wat gehuisves word in die NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, as dokument G5 3/3.