Afrikaans

The Portuguese Heritage

{videobox}D4bznYnaW10{/videobox}

In line with the 50th Anniversary of the GSSA the Northern Transvaal Branch resented a presentation on the Portuguese Heritage in South Africa. In spite of the fact that they are still comfortably the third largest "white group" in South Africa (after those of Afrikaner and British ancestry) and that they have left indellible layers on the culture and economy of the country, there is an astonishingly sparse recognition of their existense in South African histiography and social sciences generally.
Members were treated on traditional Portuguese snacks in the foyer to the Art Gallery at the Monument on arrival. Fado and other Portuguese music could be heard in the back. In the gallery itself a slide show on the building of a replica of the ship that Dias used on sailing around the Cape. The building of this ship was sponsored by the Portuguese community is South Africa.
Proceedings started off with folk dancing by GRUPO FOLCLÓRICO TERRAS DO NORTE under the leadership of Wendy Ferreira. All the dance songs performed are from the northern regions of Portugal known as the Minho Region, more specifically Braga and Viana do Castelo. The group is based in Johannesburg and was founded on the 15 February 1985. 
This was followed by a presentation by Gilberto Martins on the experiences and emotions of the immigrants on arrival in South Africa. He described the political situation from the 1930's in Portugal, through the 2nd WW and the emigration form Portugal during 1952. He explained in detail what his father experienced on arrival, the work that he did and how he was adamant that his children get the best education possible.
Mainland Portugal in the 1960s was facing economic depression: Industrial growth was uneven, unemployment was extremely high outside of the bigger towns and cities. The Salazar regime conscripted increasing numbers of young people to fight its colonial wars in Africa. The Salazar Estado Novo, actively encouraged emigration during the 1960s. These mainlander immigrants were relatively skilled and most artisans and skilled workers found work almost immediately on arrival. The third wave of Portuguese came directly from Portugal 1940 –1980, but high impact was in the 1960s and early 1970s. Many Portuguese who immigrated were at first isolated from other white populations due to their differences, such as being Catholic and the fact that few could speak English or Afrikaans. The 1960s immigrants were often actively recruited by the South African government. The simultaneous collapse of the Portuguese colonial regimes in Mozambique and Angola in 1975 triggered the final mass wave of Portuguese migration to South Africa. Whilst most of the colonists, especially from Angola, returned to Portugal, a sizeable proportion sought refuge in South Africa. 
Portuguese immigrants tended to cluster in particular neighborhoods (the majority in the south of Johannesburg) where housing was relatively available. Houses were often shared by extended family and lodging was very common. 
South Africans of Portuguese descent were the third biggest white South African ethnic group (After Afrikaners and English) Portuguese constituted ten to fifteen per cent of the white South African population (Glaser, 2010). Estimates of Portuguese numbers by the 1990s was 500 000. Current estimate is approximately 200 000.
{artsexylightbox path="images/stories/Noord_Transvaal/Portugal/Fotos11Okt2014" previewWidth="140" previewHeight="100"}{/artsexylightbox}
Click on images to enlarge

 The file is almost 7MB. It is recommended that you download it first.

Saterdag 11 Oktober 

 Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)

  • Last updated on .
  • Hits: 7169

Die Slawe

Anders as die tipiese gesprek rondom slawe, wat in die meeste gevalle gaan oor die slawe moeders het Dr Theo van Wyk vanmiddag by
die Noord-Transvaal Tak die slawe kwessie vanuit 'n heel ander hoek benader. Theo is 'n ervare familie navorser en 'n jarelange lid
van die Tak. Regsklik op die foto's om te vergroot.

{artsexylightbox path="images/stories/Noord_Transvaal/Aktiwiteite/Slawe" previewWidth="140" previewHeight="100"}{/artsexylightbox}


Sy gehoor het vasgenael gesit en luister hoe die slawebedryf ontwikkel het en hoe dit gekom het dat Jan Van Riebeeck aansoek
gedoen het by die VOC dat slawe beskikbaar gestel word vir die nedersetting aan die Kaap. Die beskrywing van hoe slawe uit Wes-
Afrika gekoop is, die proses waardeur gegaan is om toestemming by die koning te kry en dan die gekibbel met die slaweverkopers het
'n wêreld vir die toehoorders oopgesluit waarvan weinig nog gehoor het. Ook hoe die Kompanjie en die vryburgers aan hul slawe
gekom het is beskryf. Slawe is in die skepe waarmee hul na die Kaap vervoer is vasgeketting en die het van ryswater geleef.
Die groot hoeveelhede mans en die aankoms van slawe vrouens het dan ook gelei tot die ontstaan van 'n totaal nuwe nageslag en
goed ingeburger in die nageslagte van die Suid-Afrikaanse bevolking.
Theo het afgesluit met interessante gegewens oor die slawebedryf vandag, iets waarvan die meeste van ons eintlik nie eers bewus
van is nie.
Luister na sy voordrag hieronder.

 Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)

  • Last updated on .
  • Hits: 7723

Noord-Transvaaltak se Hugenote Dag

{artsexylightbox path="images/stories/Noord_Transvaal/Aktiwiteite/Fransedagselfoon" previewWidth="100" previewHeight="100"}{/artsexylightbox}Klik op die foto's om te vergroot. Sowat 90 lede en gaste het die viering van die Franse nalatenskap in Suid-Afrika bygewoon, selfs sover as van Lady Grey. Die GGSA N-TVL en die Hugenote Vereniging het saamgespan om hierdie byeenkoms nogeens een van die hoogtepunte van die jaar te maak. Die kunsgalery by die Monument is getooi in die tradisionele kleure van Frankryk, egte Franse musiek soos onder andere net die Mossie van Parys, Edith Piaf, kan voordra en afgerond met sjampanje, Franse brode en kaas was aan die orde van die dag. Drie sprekers het opgetree. Hanke Fourie het die agtergrond en emigrasie van die Hugenote na Suid-Afrika geskets. Prof Deon Fourie het die Hugenote se vlug na Hesse in Duitsland geskets en op besondere wyse nuwe informasie rakende die Hugenote uitgelig. Dit was vir almal 'n verassing want weinig van die toehoorders was bewus van hierdie verwikkelinge. Daarna het Isabel Groesbeek haar ondervindinge tydens 'n navorsingtoer na Frankryk geskets en haar belewenis van die Franse platteland oorgedra. Die dag was voorwaar hoogs interessant en het die familienavorsers opnuut aangespoor tot groter vasberadenheid om hulle voorgeslagte op te spoor.

Die Hugenote-Hanke Fourie
Hanke Fourie, 'n lid van die N-Tvl Tak van die GGSA en ook van die Hugenote Vereniging van SA het die gesprek oor die Hugenote ingelui met die verduideliking van die tydlyn waarteen die gebeure

{artsexylightbox path="images/stories/Noord_Transvaal/Aktiwiteite/Hanke/Edik" previewWidth="160" previewHeight="160"}{/artsexylightbox}

rondom die Hugenote, hul vervolging en emigrasie na verskillende wêrelddele plaasgevind het. 1440 Gutenberg drukpers - gee aanleiding tot verspreiding van nuus en informasie. 1492 Columbus ontdek die “Nuwe Wêreld” 1517 Martin Luther publiseer sy 95 stellings in Wittenberg Duitsland. 5545 Johannes Calvyn: “Institutes of the Christian Religion” in Basel Switzerland. 1572 St. Batholomeusnag 23/24 Augstus 1572 is meer as 8000 Protestante vermoor. 1598 Edik van Nantes uitgevaardig deur Henry die 4e. 1610 Prins Henrik van Navarre vermoor. 1652 Jan van Riebeeck land aan Kaap van Goeie Hoop. 1676 Stellenbosch word gestig. 1685 Lodewyk XIV herroep die Edik van Nantes. 1688/89 Massa Emigrasie van Hugenote na Suid-Afrika Die Rooms-Katolieke Kerk het alles in hul vermoë gedoen om die Hugenote terug te win. Daar het naderhand grootskeepse diskriminasie teenoor die Hugenote plaasgevind, dokters mag nie meer praktiseer het nie en die waar roeiers op die bote normaalweg na 'n half-uur afgelos is moes die Hugenote matrose tot 23 uur aanmekaar roei. Aankoms van die Hugenote Na die herroeping van die Edik van Nantes het grootskeepse vervolging van die protestante ten gevolg. Gedurende 1688/89 het die massa emigrasie van Hugenote na Suid-Afrika

{artsexylightbox path="images/stories/Noord_Transvaal/Aktiwiteite/Hanke/Oorsprong" previewWidth="160" previewHeight="160"}{/artsexylightbox}

plaasgevind. Daar was al egter reeds teen 1671 Hugenote wat aan die Kaap aangekom het en self teen 1698 het nog enkeles aangekom. 1671 – Francois Villion 1685 – Jean le Long 1686 – Guillaume & Francois du Toit 1688 – 1689: Massa emigrasie 1690 – Essaye, Suzanne & Pierre Costeux 1691 – André & Estienne Gauch; Suzanne Albert; Jean le Roux 1693 – Estienne Niel 1696 – Jacques Bisseaux 1698 – Estienne & Pierre Cronier; Louis le Riche Die voorwaardes waaronder die Hugenote na die Kaap mog kom het onder andere die volgende ingesluit: Ontvang 60 morg (120 acres) grond, implemente op leen basis; Bly minimum van 5 jaar (terugkeer op eie koste); 12 waens neem hulle na Stellenbosch Drakenstein, Paarl; Basiese voorrade, planke, boumateriaal, eenvoudige gereedskap; ‘n Ploeg en span osse vir elke 16 volwassenes;

{artsexylightbox path="images/stories/Noord_Transvaal/Aktiwiteite/Hanke/Boere" previewWidth="160" previewHeight="160"}{/artsexylightbox}

Spanning tussen Hugenote en Kaapse owerhede (hoofsaaklik oor grond); wil saam gegroepeer word, eie kerkraad, kerk, skole. Goew. Simon van der Stel vra geen meer “franse cadets of personen van qualiteit, maar wel arbeijdsame en vrome boeren en handwerksluijden waar onder de Nederlanders en hoogduitschers bevonden zijn…” ; uit 63 handtekeninge van protes teen WA van der Stel was 30 dié van Hugenote; Tweede geslag Hugenote trou met nie-Hugenote; Eerste name bly voortbestaan, veral onder manlikes: Francois, Pierre, Etienne, Jacques, Louis; 24% van Afrikaner gene van Hugenote oorsprong; Sunday Times (4 Oktober 1981):onder 36 mees prominente blanke vanne is 9 van Hugenote oorsprong (Nel, Du Plessis, Coetzee, Fourie, Du Toit, Le Roux, Viljoen, Marais, Du Preez) Professies: Josue Cellier (1700): boer (“landbouwer”), wynmaker en skrynwerker; Daniel Nortier & Jacques Pinard: skrynwerkers Daniël Hugot & André Gaucher: ystersmede; Francois Villion & Estienne Bruére: wamakers; Durand Sollier & Jean Cloudon: skoenmakers; Paul Roux: onderwyser; Isaac Taillefert: hoedemaker en suksesvolle boer; Jean Prieur du Plessis, Jean Durand & Paul le Febre: “chirurgyns”; Gideon le Grand: “chirurgyn”, tandarts, barbier.
Met erkenning aan Prof Christo Viljoen en mnr Hanke Fourie.

Luister na Hanke se voordrag hieronder

 Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)

Duitse Hugenote - Prof Deon Fourie
Professor in strategiese studies(Afgetree) en steeds navorsingsgenoot by die Universiteit Johannesburg.
Prof Fourie het met behulp van kaarte en foto’s vertel hoe hy in Duitsland se Hessen-deelstaat na familiewortels gaan soek het en toevallig by ‘n gids verneem het dat Friedrichsdorff eintlik ‘n Hugenotedorpie is. By verdere ondersoek (op Google) het hy bevind dat daar heelwat ander sulke Hugenotedorpe in Duitsland is. Dit klop met die inligting wat Hanke meegedeel het van die groot aantal Hugenote wat indertyd na Duitsland verhuis het.
Having been requested to find out about Huguenots from Germany subsequently settling in South Africa Prof. Fourie said he could find only two, namely Francois Guilliaumé from Languedoc (who arrived in the Cape in 1726 from Berlin and whose surname could have evolved to ‘Willemse’), and Jacques Naudé from Metz who came to South Africa as pastor for the French. The former likely gave rise to descendants like the well-known historian and academic, Prof. Hermann Giliomee.
In Frankenhausen het prof. Fourie ook toevallig op inligting oor sy moeder se voorsate afgekom en wel in die kerk waar hy vroeër nie geslaag het nie. Navorsing in Duitsland is moeilik as gevolg van die vele verwoestende oorloë en grensverskuiwings, maar sy voorstel is dat die genealoog weer en weer probeer. ‘n Beginpunt is dalk ook die Duitse Hugenote-vereniging: Deutsche Hugenotten Gesellschaft (www.hugenotten.de).

 

Luister na Prof Deon Fourie se voordrag hier

 Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)

  • Last updated on .
  • Hits: 8205

Die Koms van die Engelse

Tydens die Junie byeenkoms van die Tak is die aankoms en impak van die Engelse na Suid-Afrika sedert die vroegste tye bespreek. Wanneer mens dink aan die Engelse
{artsexylightbox path="images/stories/Noord_Transvaal/Aktiwiteite/EngelseJun2014" previewWidth="140" previewHeight="100"}{/artsexylightbox} Klik op die foto's om te vergroot
Immigrante na Suid-Afrika is die 1820 Setlaars altyd voorop in die gedagte. Gerrit Muller, Rentia Landman en Ria Slabbert het egter met hul voordragte daarin geslaag
om die 1820 Setlaars, Iere en die Stokes familie se sages en aankoms in die land op skitterende wyse in perspektief te stel. Daar het 'n hele klompie van ons lede hulle spesiaal getooi vir die dag en die lede het ook 'n aantal tradisionele Engelse en Ierse liedjies saamgesing.
Gerrit Muller het in sy voordrag die betrokkenheid van die Engelse aan die Suidpunt van Afrika met goed geïllustreerde feite verduidelik. So bv. het die Britte die Kaap al die eerste keer in 1620 geannekseer maar dit is nooit deur die Koning bekragtig nie. Manne soos Thomas Robbertz, William Robertson Patrick Jack, Jacob Burns word reeds in dokumente voor 1660 aangehaal oor hul wedervaringe aan die Kaap van Storms. Die eerste Britse besetting van die Kaap was in 1795 en spoedig is sakemanne soos Alexander Robertson bedrywig met die daarstelling van 'n skeepsagentskap as verskaffer van produkte aan verbygaande skepe. Soldate en matrose wat uit diens tree bly in die Kaap agter en voor die 1820 Setlaars was daar die Moodie, Goslingen en Tait setlaars aan die Kaap. Moodie het die plaas, Grootvadersbosch in die Swellendam distrik gekoop. Dan volg die aankoms van die 1820 Setlaars en meer as 4500 in Albanie en Clanwilliam gevestig. Die groot groep van Gush, vestig hulle by Salem naby Grahamstad. Die nalatenskap van die Engelse in Suid-Afrika is goed gevestig. Dink aan dinge soos die "Englisch Breakfast" vis en skyfies, rugby, krieket, gholf, ry aan die linkerkant van die pad, kerke op die Skotse Model gevestig en ons universiteite is op die Engelse universiteite gegrond.
Rentia Landman praat oor die Iere. Eerste aan die beurt was die Keltiese Wortels van die Ierse voorouers. Sy staan stil by die politieke ontwikkelings en die vyandighede wat hieruit ontstaan het. Die armoede en swaarkry van die Iere na die mislukking van die aartappeloeste tussen 1845 en 1851 het grootliks 'n impak gemaak oo die
emigrasie van die Iere na Suid Afrika maar veral na Amerika. Die Ierse Rebellie het gelei tot die afbrand van Custom House in 1921 waartydens groot hoeveelhede argief rekords vernietig is. Rentia se nooiensvan is Reid en deur haar genealogiese navorsing kon sy bewys dat sy van Ierse afkoms is en kon sy aansoek doen vir 'n
"Certificate of Irish Heritage" wat sy met trots aan die gehoor vertoon het. 
Ria Slabbert het die tog toe voortgesit en haar pogings om haar Stokes voorgeslagte op te spoor op pittige wyse aan die lede oorgedra. Sy het verduidelik dat sy aanvanklik vas oortuig was dat haar voorgeslagte van Ierland afkomstig is maar telkens voor dooimansdeur opge-eindig. Luister na haar kostelike voordrag hier:

 Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)

  • Last updated on .
  • Hits: 3820

Afrika Genealogie

Saterdag 10 Mei was weer een van daardie skitterende byeenkomste by die Noord-Transvaaltak. Die hoofspreker was Prof Chris van Vuuren van Unisa.
In sy voordrag het hy die verskille uitgewys tussen genealogie soos ons dit ken en soos dit algemeen nog steeds in Afrika en Suid-Afrika bedryf word. Waar die Westerse familienavorser baie kan staatmaak op geskrewe literêre konvensies soos sterfkennisse, boedels, testamente, doopregisters en reeds gepubliseerde genealogieë, biblioteek, ens. maak die Afrika volke staat op mondelingse oordrag van die familiegeskiedenis.
Wat besonder insiggewend was is die rol wat verwantskappe in die swart volke speel. Die laterale en diepte kennis van die verteller van die familie geskiedenis is verstommend. In een geval kon Prof van Vuuren met behulp van Hendrik Ntuli 126 name aanteken. Dit het 6 geslagte terug gegaan, hy kon sê waar hulle gebly het wanneer hulle getrek het ens. Naamgewing in hierdie Afrika genealogie is baie belangrik. Name het 'n spesifieke waarde in die Afrika verwantskapstelsel en dit lê in die geheue.
'n Verdere baken in die opteken van 'n genealogieë is die stam- of Ngama skole. By die Ndebels bv. vind hierdie skole elke vier jaar gedurende die wintermaande plaas en kom voor in siklusse van 15 jaar. Elke 15 jaar groep kry 'n regimentsnaam soos bv Duba of Dinana. Dit is dus moontlik om van die regimentsnaam af te lei wanneer die stamskool plaasgevind het.Die bywoner van die inisisasieskool kry dan ook 'n verder naam na die insisiasie wat aan die regimentsnaam gekoppel kan word. Deur vrae te vra soos bv het jou oupa voor of na die Maduba (regimentsnaam) by die Ngama skool van die plaas af getrek. Op die manier kan by benadering vasgestel word of 'n grondeis geldig kan wees of nie.
Klik hier om na Prof van Vuuren se volledige voordrag te luister.Let asb daarop dat die klankgreep 9MB groot is. Jy kan direk daarna luister deur op "Luister" te klik of deur te regsklik en dit af te laai en in 'n toepaslike olek op jou harde skyf te stoor en dan daarna te luister.

 Luister -> hier (regs klik en "save as" om af te laai)

Klik op die foto's om te vergroot.

{artsexylightbox path="images/stories/Noord_Transvaal/Aktiwiteite/Afrikagenealogie" previewWidth="160" previewHeight="120"}{/artsexylightbox}
  • Last updated on .
  • Hits: 2927

Contact the Web Manager

Feedback, suggestions and corrections are welcomed.

Please contact the Web Manager

Visitors to this web site

Today605
Yesterday678
This week2659
This month11189

Visitor Info

  • IP: 3.227.2.109
  • Browser: Unknown
  • Browser Version:
  • Operating System: Unknown

Who Is Online

7
Online

Thursday, 17 October 2019 19:52