Northern Transvaal Activities

Op Soek na die Oorsprong van my Naam

OP SOEK NA DIE OORSPRONG VAN MY NAAM: ADRIAAN SAREL NEL (b10c2d8e3f4g4h5i1j1)
D.H. Pienaar skryf op “WOES” EK MOEDIG JOU DUS AAN OM JOUSELF BETER TE LEER KEN EN BEREKENDE VERANDERINGE AAN TE BRING IN JOU LEWE... en vra vervolgens
Het jy jouself al afgevra?:
Ken ek die regte betekenis van my van en name? Weet ek watter invloed my name uitoefen op my bestaan en hoe kan ek dit beheer of verander? Na aanleiding van bogenoemde stel ek my bykomende doel met my navorsing as volg:
1. Spoor die betekenis van my van en name op;
2. Verstaan die betekenis van my name en watter invloed dit t.o.v. die natuurlike en geestelike realms het. (realms = gebied, ryk, koningkryk, sfeer)
3. Wat is die oorsprong van my name.
4. Die O'NEILLS se verbintenis met ons Nelle in S.A. 

1. BETEKENIS VAN MY NAME:
NEL: ‘n Trotse Hugenote van in Suid-Afrika
Die van NEL is afkomstig van die Viking naam NJAL. 'n Groep Vikings het hulle in Ierland gevestig ongeveer 500 V.C. en het later bekend geword as die UI NEILL / O 'NEILL-groep. Volgens tradisie het hulle van HEREMON, die seun van MILLISIUS, die eerste absolute monarg van Ierland afgestam. Die O 'NEILLS van ULSTER is die oudste spoorbare familie wat in Europa oorgebly het. NIALL is 'n Ierse woord wat “Kampion” beteken. Die O 'NEILLS het hulle in die Tara-omgewing gevestig, nou bekend as County Meath, Ierland. 'n Tak van die O' NEILLS verskuif ongeveer 1300 N.C. na LYONS in FRANKRYK. Mettertyd het die naam verander na NEIL / NEEL. Toe die Franse Hugenote na Nederland gevlug het, het die Franse uitspraak van NEEL gelei tot die Nederlanders wat die van na NEL verander het. Klik op die Skyfies om te vergroot

{artsexylightbox path=" images/NTvlFotos/Allegaartjie_18_Nov/Andre_Nel" previewWidth="120" previewHeight="120" thumbnailPath="images/thumb_folder"}{/artsexylightbox}


Adriaan: My eerste naam Adriaan is afgelei van die Latynse naam Adrianus of Hadrianus bedoelende afkomstig van Adria of Hadria. Vandag se betekenis sluit in: ryk, swart, geheimsinnig, donker een. My tweede naam, Sarel, en die verbuigings Carel, Charel, Charles: is van Germaanse afkoms en beteken nie-adelike vryman.
Nel: Bekwame, Moderne, Kreatiewe, Vriendelike, Vrolik, Aktiewe, Vrygewige, Temperamentele, Vlugtige, Ernstige, Gelukkig (kies wat by jou pas)
Ek kan my stamlyn terugspoor na drie van die stamvader se kinders (sien skyfie 1)
Namate my navorsing vorder kom daar nuwe uitdagings. (sien skyfie 5 vir my stamlyn) By my was dit my naam. Gou het ek vasgestel dat my naam beslis nie ʼn tradisionele NEL naam is nie alhoewel ek vernoem is na my oupa aan vaderskant. Die volgende name kom algemeen in die NEL stamlyn voor: Willem, Willem Adriaan, Pieter Willem, Johannes en ander met die name as kern. Dink aan Petrus Johannes. Natuurlik is ander name meer en meer gegee soos mans met dames getrou het en hulle vaders ook vernoem is.
2. OORSPRONG VAN MY NAME:
Toe ek my ouma groot aan vaders kant Aletha Maria Francina de Beer (e8f11), getroud met Petrus Johannes Nel (f4g4), se lyn begin navors in ons biblioteek, kry ek daardie hoendervel oomblik waarna Ferdie van Wyk verwys. (sien skyfie 3 en 4 vir my de Beer stamlyn). Dit was vir my ʼn deurbraak. Ek koop die de Beer laserskyf en begin deur my ouma en haar voorgeslagte te soek. Ek kom agter dat haar oupa aan vaderskant Adriaan Carel de Beer (a2b5c4d8) is. My naam is dus moontlik afkomstig uit die de Beer lyn. Maklik, wat wou. Daar stop die naam sonder enige verdere verwysing.
Hierdie Adriaan Carel de Beer se ouers is, Johannes Mattheus de Beer (a2b5c4) en Cornelia Nel (b9c8). Dus nog ʼn Nel in my stamlyn. Maar nêrens kry ek verdere verwysing na my naam nie. Die name van Cornelia se ouers is Adriaan Nel (b9) en Catharina Appel (b2c4). Is my naam dalk ʼn samestelling van die twee name begin ek wonder???
Ek besluit om die “monster” mev Google te raadpleeg en op ‘n Hollandse webwerf http://www.zwangerschapspagina.nl/threads/moderne-jongensnaam-maken-van-catharina.416430/ kry ek onder andere die manlike weergawe van “Catharina”, is “Carel” en nog so 10 ander seuns name ook. Is dit toevallig?
Het ek die oplossing van die oorsprong van naam gekry??
Ek voel redelik gelukkig met die fonds.
As dit onwaar is wie gaan navraag doen?? Maar ons is mos nie gelukkig as ons nie die hele oplossing het nie. Gevolglik probeer ek ander verwysings. Ek soek na ander vorme van name en kry uiteindelik ʼn berig oor die prinses van Cam¬bridge gepubliseer op Woensdag, 06 Mei 2015 01:12: Die hertogin Kate en hertog William se nuwe babadogtertjie, wat Saterdagoggend gebore is, se naam is Charlotte Elizabeth Diana. Kensington-paleis het getwiet: “Die baba sal bekend wees as haar koninklike hoogheid prinses Charlotte van Cambridge.” Charlotte is die vroulike vorm van haar oupa prins Charles se naam. Charlotte is op haar beurt ‘n wisselvorm van Catherine
Nou moet ek nog net vas stel hoe ek die inligting gaan gebruik, Of is daar ʼn ander rede vir die naam Sarel?
Ek sal nie rus voor ek die regte antwoord het nie.
Wat 2 en 4 van my bykomende doel soos hierbo gestel, betref, Hierdie twee onderwerpe verg verdere deeglike navorsing en wanneer ek dit klaar het, sal ek my bevindinge publiseer.
Baie dankie

  • Hits: 19873

Contact the Web Manager

Feedback, suggestions and corrections are welcomed.

Please contact the Web Manager