Northern Transvaal Activities

Noord-Transvaaltak betree die Kuberruim

Saterdag 9 April was daar weer ʼn nuwe hoogtepunt by die Noord-Transvaaltak. Saterdagoggend het sowat 40 van ons lede die opleidingsessie bygewoon. Gewapen met notaboeke en skootrekenaars het hulle geluister en gedoen. Daar is drie sessies aangebied.
GendataBase 2Otto Diedericks het aan die lede gedemonstreer wat alles beskikbaar is by GendataBase. Vooraf het N-Tvl se tesourier vir die tak ʼn week se krediet gekoop by GendataBase. In die kunsgalery van die Voortrekkermonument is daar WIFI beskikbaar en ons kon dus aanteken op die databasis. Otto het aanlyn na die verskillende elemente van die databasis daarna gedemonstreer. So lyk ʼn voorbeeld van ʼn huweliksregister. Die foto langsaan is ʼn verkleinde weergawe van die werklike huwelik informasie.
Die volgende sessie het gegaan oor die benutting van Familysearch.org. Deur gebruik te maak van die skakels wat deur Linda Farrell opgestel is het Ferdie vanFam Search Beelde Wyk gedemonstreer hoe jy by onder andere boedel dokumente kan opspoor. Eers is gesoek na ʼn sterfkennis, in hierdie geval Christoffel Hendrik van Wijk op Naairs. Die SK was no 457 1917. Deur gebruik te maak van hierdie skakel Cape (KAB) Estate files, SOURCE MOOC (other years): https://familysearch.org/search/catalog/331262?availability=Family%20History%20Library kon die LDS filmrol opgespoor word. Hierna begin die soektog. In die besondere geval is daar is 777 beelde. Deur ʼn proses van eliminasie kon SK457 opgespoor word.

Tydens die 3e sessie het Leoni Barnard die geheimenisse van Facebook met die aanwesiges gedeel. Die wat skoot rekenaars by hulle gehad het kon stap vir stap volg hoe jy Facebook op jou rekenaar plaas, hoe jy aanteken en hoe mens maak om vriende te soek, hoe jy boodskappe en foto's plaas en hoe jy plasings van jou vriende met almal kan deel. Leoni het ook prakties demonstreer hoe mens die kragtige boodskap vermoë kan gebruik om op ʼn persoonlike vlak te kommunikeer.
Dit was ʼn vrugtevolle oggend

Linda Farrell het 'n lys saamgestel van verwysing op NAAIRS wat aanlyn beskikbaar is by www.familysearch.orgKlik hier om die lys te bekyk Gebruik Internet Edge (Internet Explorer) vir die beste reusltate.
Dankie Linda vir die toestemming om die lys beskikbaar te stel

  • Hits: 233

Contact the Web Manager

Feedback, suggestions and corrections are welcomed.

Please contact the Web Manager