Klik op die foto's om te vergroot

2 September 2013

Die byeenkoms het plaasgevind in die Klerksdorp Museum – voorheen die tronk – en die gas vir die aand was Carel

{module NW 2 Sep 2013}

Breedt, bekende boer van die distrik en woonagtig in die vierkant gevorm deur Klerksdorp, Ventersdorp, Coligny en Hartebeesfontein.
“Ons en Hulle tydens die ABO” is die onderwerp waarop Carel aan die hand van die boek “Boereverraaiers” uitgebrei het.
Die “Ons en Hulle” van die ABO is veral in die Hartebeesfontein en Klerksdorp omgewing op die spits gedryf. Hartebeesfontein was op ‘n stadium bekend as “Little England” - tot so mate dat selfs in die Klerksdorp konsentrasiekamp asook die St. Helena krygsgevangekamp mense uit dieselfde omgewing in twee groepe verdeel was, “boere vs. engelsgesindes”.
Mense het die oorlogspoging versaak om redes van hul eie, families is uitmekaargedryf, buurman teen buurman, broer teen broer, ouer teen kind, en altyd was daar die “Ons” en die “Hulle” en elkeen het waarskynlik na sy gewete (reg) opgetree. Persone tersprake is o.a. die terreggestelde verraaiers Theunissen, de Beer, en de Bruin wat sentreer rondom die plaas Lapfontein, Noord van Klerksdorp. (en die gebeure op Lapfontein), asook die baie bekende Gen. Piet Cronje en sy broer Andries van die plaas Goedgevonden.
Dit is minder bekend dat Andries Cronje en Jacobus Theunissen twee van die welvarendste boere wes van Potchefstroom was. Die onlangse film, “Verraaiers” is gebasseer op die tragiese verhaal van Theunissen en sy mense.
Carel het daaarop gewys dat die breuk tussen mense so onlangs as die 1960's nog bestaan het maar dat tyd genadiglik wonde heel. Hier in die derde geslag na die oorlog is die nasate nie meer bitter teenoor mekaar nie.
'n Baie insiggewende voordrag wat die toehoorders laat besef het dat oorlog veel dieper sny as die gebeure op die slagveld, en dat families en gemeenskappe op vele terreine nadelig geraak word.

3 June 2013

{module 3 Junie 2013}

In opvolging van die Noordwestak se Genealogie Kursus van Saterdag 25 Mei 2013 is nog 'n "bemagtigingsgeleentheid" op 3 Junie 2013 aangebied.  
Barend Venter 'n gesoute lid van die GGSA en van Pretoria het 'n oorsig van Genealogiese rekenaarprogramme gegee sodat lede vroeg (en ook later in hul navorsing) die rekenaarprogram kan kies wat geskik is om die omvang van hul navorsing te hanteer.
Barend het die teenwoordiges daarop gewys dat 'n navorser wat op sy voorgeslagstaat konsentreer ander behoeftes as iemand wat byvoorbeeld families in geheel navors - en dit is waaroor die praatjie gegaan het, nie die beste program nie - want daar is nie so iets nie - maar 'n program geskik vir 'n spesifieke doel. Die kostes tov aankoop, instandhouding, opgradering en verskeie ander fasette het ook aandag ontvang.
Barend se voordrag was ook vol ander genealogiese wenke en idees, bronne, etiese wenke, sodat almal, ervare navorsers ingesluit, iets gekry het om saam te neem huis toe.

11 Mei 2013

{module Antiekmark}

Die Noordwestak het vanjaar weer  ʼn stalletjie by die jaarlikse Kuns-en Antiekmark, wat op Saterdag, 11 Mei  2013 by die President Pretoriusmuseum te Potchefstroom aangebied is, beman.  Om die aandag van besoekerste trek, is die stalletjie versier met  treffende plakkate met 'n genealogiese strekking, asook talle voorblaaie van die Tak se nuusbrief, die Famnea.
ʼn Gesellige atmosfeer het by die stalletjie geheers en taklede het moeite gedoen om die besoekers se vrae te beantwoord en te gesels oor die Tak se bedrywighede.  Besoekers is ook die geleentheid gegee om deur die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters (volumes  1 – 17) te blaai en te soek na hul stamvaders.  Ou boeke en duplikaat geslagsregisters  wat te koop aangebied is , het ook groot aftrek gekry.
Alhoewel die koue weer 'n invloed gehad het op die aantal besoekers aan die mark en die Tak se stalletjie, het dit die voordeel ingehou dat taklede meer kwaliteit aandag aan belangstellendes kon gee.  Deur middel van die stalletjie, is daar al in die verlede talle lede vir die Noordwestak gewerf.

Op Maandagaand, 6 Mei 2013 het talle lede van die Noordwestak en ander {artsexylightbox path="images/stories/Northwest/6mei2013" previewWidth="100" previewHeight="100"}{/artsexylightbox} belangstellendes met  hul kleiner erfstukke by die Potchefstroomse Museum opgedaag sodat Annemarie Carelson, Kurator by die Nasionale Kultuurhistoriese Museum, hul raad kon gee oor hoe om hul erfstukke te versorg.
Die voorwerpe wat die lede saamgebring het, het gewissel vanaf  'n voetstofie, munte, eetgerei, voortrekkerkommetjies, 'n ou rewolwer, antieke sabel, sportbaadjie tot 'n ou strykyster, fotos, juwele, te veel om alles te noem.
Annemarie het in haar lesing die faktore uitgelig wat die toestand van 'n voorwerp beïnvloed.  Sy het ook met praktiese wenke en raad  aangetoon hoe voorwerpe van hout, metaal, tekstiel, keramiek, leer en papier hanteer, skoongemaak, geberg en of uitgestal behoort te word.
Sy het haar praatjie afgesluit met die opmerking dat genealogie om meer gaan as net die versameling van name en datums.  Ons voorgeslagte se besittings en foto's vertel 'n aanvullende storie en dit is in ons hande om dit met sorg te bewaar.